Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
KYK: Charlize en haar kinders baljaar in nuwe video

Terwyl Suid-Afrikaners dagdroom oor wat hulle gaan doen wanneer die winter verby is, geniet die Suid-Afrikaans gebore Hollywood-ster Charlize Theron die somersonskyn in die Noordelike Halfrond saam met haar skattige dogters.

Sy het dié week ’n video van haar en haar dogters, August (6) en Jackson (9), op Instagram geplaas waar hulle van ’n seiljag af in die see spring. Die byskrif lui: “Me and my girls 4 life.”

Verskeie bekendes, onder andere die plaaslike aktrise Cintaine Schutte en Hollywood-bekendes soos Reese Witherspoon, Julianne Moore en Michelle Pfeiffer, het kommentaar op die video gelewer.

Die aktrise Charlize Theron saam met August en Jackson. Foto: Instagram/charlizeafrica

Theron deel selde foto’s of video’s van haar kinders. In Mei 2015 het sy ’n foto van Jackson geplaas waar sy op Theron se bors rus op die stel van Mad Max: Fury Road.

Sy het ook in September verlede jaar ’n foto van haar dogters gedeel met die byskrif: “My hart behoort aan hierdie twee pragtige, dinamiese meisies. Ek sal nooit weer dieselfde wees nie. Gelukkige #NasionaleDogtersDag.”

Die Oscar-wenner het Jackson in 2012 en August in 2015 aangeneem.

“Ek het die net wyd uitgegooi. Ek wou glo dat my kind my op die een of ander manier sou vind op die manier wat ons net bedoel was vir mekaar, so ek was nie spesifiek oor enigiets nie,” het Theron in 2019 in ’n onderhoud met NPR gesê.

In Mei 2015 het Theron ’n foto van Jackson geplaas waar sy op Theron se bors rus op die stel van ‘Mad Max: Fury Road’. Foto: Instagram/charlizeafrica

Sy het gesê sy het in elke land waar sy as enkellopende vrou as ’n aanneemouer oorweeg sou word, aansoek gedoen. Dit is dus blote toeval dat albei haar kinders swart en Amerikaners is.

“Alles waarvoor ek gehoop het in die aannemingsproses het gebeur, want hierdie twee babas was bedoel om in my lewe te wees,” het sy in die onderhoud gesê. NPR, People en E! Online




Meer oor:  Charlize Theron  |  Kinders  |  Somer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.