Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
KYK: Charlotte skitter op haar troue
Prinses Caroline, prins Albert, Carole Bouquet, Dimitri Rassam, Charlotte Casiraghi en Tatiana Casiraghi vanjaar op die Rosebal in Monaco.Foto: Getty Images

Charlotte Casiraghi, kleindogter van prinses Grace van Monaco, is Saterdag in ’n grys minirok van brokaat getroud.

Charlotte en Dimitri poseer vir nóg ’n amptelike troufoto. Sy dra ’n diamanthalssnoer wat deur haar ouma, prinses Grace, en haar ma, prinses Caroline, gedra is. Foto: © Photo: Félix Dol-Jersey/Palais Princier de Monaco/Facebook

Die bruid, dogter van prinses Caroline van Monaco, het vir die aandonthaal in ’n restaurant in Monaco ’n winterwit skepping gedra wat baie aan die 1950’s se styl herinner het. Selfs haar lang hare was in ’n styl wat haar ouma sou gedra het.

Sy en haar eggenoot, Dimitri Rassam, se seun van ses maande, Balthazar, was ook op die plegtigheid, saam met Charlotte se seun Raphael (5) uit ’n vorige verhouding en Rassam se dogter, Darya (7), uit ’n vorige verhouding.

Charlotte se pa, Stefano Casiraghi, het verongeluk toe sy vier jaar oud was. Rassam se pa is ook vroeg oorlede aan ’n oordosis dwelms.

Die twee se ma’s, prinses Caroline en die aktrise en model Caroline Bouquet, is vriendinne.

Die paartjie sal binne weke ook ’n kerktroue hê, vermoedelik in Saint-Rémy-de-Provence in die suide van Frankryk waar die Casiraghi-kinders grootgeword het ná die dood van hul pa.

Dit was op dié dorpie waar Caroline van die kollig probeer ontsnap het ná die dood van Stefano Casiraghi, haar tweede man en die pa van haar oudste drie kinders, in ’n snelbootongeluk.

Charlotte was net vier toe haar pa in 1990 dood is. Haar broers, Andrea en Pierre, was onderskeidelik ses en twee. (Caroline het nog ’n dogter, prinses Alexandra, uit haar derde huwelik met prins Ernst August van Hanover).

Charlotte is ’n ruiter, skrywer en entrepreneur. Rassam is ’n rolprentvervaardiger. Die paartjie het vroeër vandeesmaand die Cannes-rolprentfees bygewoon.

Die troue was in die Pienk Paleis. Foto: © Photo: Félix Dol-Jersey/Palais Princier de Monaco/Facebook
Meer oor:  Charlotte Casiraghi  |  Monaco  |  Troue
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.