Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Kyk: Cheslin en Layla maak geslag van baba bekend

Pienk konfetti waai in die lug – daar is nog ’n dogtertjie vir die Kolbe-egpaar op pad.

Sussie of boetie? Dit was die woorde op die swart ballon wat die Kolbe-egpaar laat bars het om sekondes later die geslag van baba nommer twee uit te vind.

Die Springbok-rugbyheld Cheslin Kolbe en sy vrou, Layla, het Sondag met ’n video op sosiale media die geslag van hul nuwe baba bekend gemaak.

In die video hou Layla die ballon vas terwyl sy wag vir Cheslin en hul dogtertjie, Kylah, om die ballon te prik. Layla skree van blydskap toe sy pienk konfetti uit die ballon sien waai.

Cheslin, wat Kylah in sy arms vashou, sê dan vir haar: “Wat gaan jou suster se naam wees.”

Layla het die hutsmerk #6maandeswanger by die video op Instagram gebruik. Toe die egpaar verlede maand aankondig dat hulle ’n tweede baba verwag, het hulle nie gesê hoe ver sy swanger is nie.

Die paartjie is opgewonde oor dié swangerskap aangesien Layla twee miskrame ná Kylah se geboorte gehad het.

View this post on Instagram

It's a .... ??? #soontobefour

A post shared by Cheslin Kolbe (@cheslin15) on


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.