Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
KYK: Chris van Niekerk blaai deur sy plakboek

Almal ken vir Chris van Niekerk as akteur en sommige mense ken hom as handelaar in antieke ware. Daar is ook nog ’n ander sy van sy lewe wat minder bekend is – hy was ook ernstig by die politiek betrokke en het op sy dag in Westdene, Johannesburg vir die destydse DP teen Pik Botha gestaan.

“Skilder” met die kamera en ’n spel met lig is een van sy vaardighede.

“As die konserwatiewe party nie ook daar gestaan het nie, het ek dalk nog gewen,” sê hy.

Hy volg vinnig op deur te sê dat hy eintlik tog maar bly is hy het nie in die politiek gebly nie.

“Daardie jaar (1989) toe ek teen Pik DP (nou die DA) vir die parlement gestaan het, was ook die jaar waarin ek my eerste prys vir toneelspeel gekry het.”

Hy vertel een van die groot oomblikke in sy lewe was toe hy sy eerste aanstelling by ’n toneelgeselskap, toe genoem Swaruk, in Windhoek gekry het. Hy werk egter al van 1979 af as vryskutakteur.

Die verhoog is hom baie na aan die hart en hy sonder sy gunstelingrolle op die verhoog uit as Pierre Naudé in Die ryk weduwee, Morrie in Dinsdae by Morrie en André in PA.

Chris van NIekerk en Milan Murray in PA.

Sy gunstelingrolle in televisiereekse is Kortjas Uys in Vlug na Egipte, Stef in Boekklub en Hans van Wyk in Fynskrif.

Hy al soveel rolle vertolk dat almal skaars genoem kan word. Tog kan hy nie net akteur wees nie. Daar is net nie genoeg vergoeding om van te leef nie. Daarom verkoop hy steeds al baie jare klein artikels op antiekmarkte en bedryf ’n koffiewinkel in Rosendal. Hy het eens op ’n tyd ’n antiekwinkel (Eauver the top Theatre Café) in Kalkbaai bedryf.

Hy is ook ’n ywerige kunstenaar met ’n kamera en het al vier uitstallings van sy kunswerke gehou.

“Ek speel met lig en kan dus net in die donker werk. Dit is vir my baie lekker om dit te doen.”

Tobie Cronjé, Lizz Meiring en Chris van NIekerk is ’n paar jaar gelede by die Gariepfees vir hul lewenswerk in die teater vereer.

Wat is vir hom belangrik in die lewe?

“Dat ek mense met my vertolkings kon raak en daardeur ’n oomblik van herkenning en ook wegvoering kon bewerkstellig en dat ek deur my ambag en talent tot die uiterste te gebruik, ’n verskil kon maak.”

In Die vlammende fez by die Suidoosterfees (2017) het hy die rol van I.D. du Plessis vertolk en is as beste akteur op die fees aangewys.

Gevra of pryse vir hom belangrik is, antwoord hy: “Elke prys is van ewe belang, en tog ook van min belang.”

’n Tweede en derde reeks van Fynskrif word volgende jaar in die Kaap verfilm en hy is baie opgewonde om weer deel daarvan te wees.

Meer oor:  Lizz Meiring  |  Chris Van Niekerk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.