Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
KYK: Demi-Leigh en Tim deel nuwe trouvideo

Demi-Leigh Nel-Peters, voormalige Mej. Heelal en Mej. Suid-Afrika, het Woensdag ’n agter-die-skerms-video van haar en Tim Tebow, die Amerikaanse voetbalspeler, se huweliksdag gedeel.

View this post on Instagram

@haukeweddingfilms #tyingthetebow

A post shared by Demi-Leigh Tebow (@demileighnp) on

Dié twee het Maandagmiddag omstreeks 17:30 by La Paris in Franschhoek getrou nadat hulle twee voorafpartytjies met familie en vriende voor die troue gehou het.

Nel-Peters, wat intussen haar van op sosiale media verander het, en Tebow het die detail rondom hul troue tot op die nippertjie privaat gehou.

Talle Suid-Afrikaners wonder egter wie presies Tebow is en hoekom hy bekend is.

Wie is Tim Tebow?

Tebow is op 14 Augustus 1987 in Makati in die Filippyne gebore en word as die beste Amerikaanse voetbalspeler van alle tye in die universiteiteliga beskou, volgens sy IMDB-blad.

Sy ouers, sendelinge van die Baptistekerk, het teruggetrek na die VSA toe Tebow drie jaar oud was en op ’n plaas buite Jacksonville, Florida, gaan woon.

Tebow, sy broers (Robby en Peter) en susters (Kathryn en Christine), is nie skool toe nie omdat sy ouers, Bob en Pam Tebow, hulle tuis onderrig het, maar hy en sy ma het in 2003 getrek sodat hy vir ’n hoërskoolspan Amerikaanse voetbal kan speel.

Tebow se ster het onmiddellik geskitter toe hy op hoërskool Amerikaanse voetbal begin speel het, waarna hy vir die Universiteit van Florida gespeel het.

Waar werk Tebow?

Tebow het ná sy loopbaan as voetbalspeler as aanbieder vir ESPN gewerk, waar hy Amerikaanse voetbalwedstryde ontleed, terwyl hy ook ’n professionele bofbalspeler geword het.

Sporting News het in 2019 ’n artikel geskryf waar hulle die toptien-voetbalspelers in die geskiedenis in die Amerikaanse universiteiteliga uitgelig het. Hulle het Tebow as die nr. 1-speler in dié artikel beskryf.

Hy het in 2013 by die ESPN-span aangesluit, volgens hul webtuiste.

Hy het ook ’n aanlyn winkel op sy eie webtuiste waar mense klere en pette kan koop, terwyl hy ook talle boeke geskryf het.

Tebow word op sy webtuiste as ’n gerespekteerde akteur en vervaardiger beskryf nadat hy aan die fliek Run the Race gewerk het.

Met wie het hy voor Nel-Peters uitgegaan?

Tebow en die Amerikaanse aktrise Camilla Belle het glo in 2012 uitgegaan, waar ooggetuies gesien het hoe hulle mekaar soen en kegelbal speel.

Hul verhouding het glo net twee maande geduur.

Hy het in 2012 vir Vogue gesê dat sy ideale meisie mooi moet wees.

“Hoe sy lyk, speel tog vanselfsprekend ’n groot rol. Jy moet ook aangetrokke tot die persoon wees. Dit gaan daaroor dat ek iemand oulik en vriendelik wil vind. ’n Meisie wat van my gaan hou vir wie ek is en nie vir wat ek doen nie,” het Tebow gesê, berig ABC News.

Tim Tebow en die aktrise Camilla Belle het glo ook vir twee maande uitgegaan. Foto: Getty Images

Tebow het volgens e-Online in 2015 met Olivia Culpo, ’n voormalige Mej. Heelal, uitgegaan, maar die paartjie het glo ná twee maande opgebreek omdat Tebow nie in seks voor die huwelik glo nie.

Het hulle of het hulle nie uitgegaan nie? Gerugte het in 2015 die ronde gedoen dat Tim Tebow en Olivia Culpo, voormalige Mej. Heelal, uitgegaan het. Foto: Getty Images

’n Bron het destyds gesê dat Tebow vir Culpo liefdesbriewe geskryf het, maar die verhouding het nietemin skipbreuk gely.

Die skinderblad TMZ berig die storie oor Culpo en Tebow is fopnuus en dat hulle nooit uitgegaan het nie.

Tebow en Culpo het glo volgens TMZ in die kerk ontmoet en ’n paar keer saam met gemeenskaplike vriende gekuier, maar nooit alleen op ’n afspraak uitgegaan nie.

In 2016 het gerugte die ronde gedoen dat Tebow met die Vampire Diaries-ster Nina Dobrev uitgaan nadat hulle saam op die TV-program Lip Sync Battle verskyn het.

Dobrev het Marvin Gaye se “Let’s Get It On” gesing en openlik met Tebow geflankeer.

Tim Tebow en die aktrise Nina Dobrev het glo ook uitgegaan. Foto: Getty Images

Hoe het Tebow en Nel-Peters ontmoet?

Tebow en Nel-Peters het in 2017 op ’n Night to Shine-geleentheid ontmoet. Dit is ’n liefdadigheidsgeleentheid wat deur die Tim Tebow-stigting aangebied word om kinders met spesiale behoeftes by te staan.

Nel-Peters het destyds gesê hulle het met mekaar begin praat en net nooit opgehou praat nie.

Addisionele bronne: timtebow.com, USMagazine








Meer oor:  Demi-Leigh  |  Tim Tebow
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.