Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
KYK: Diana se susters by Archie se doop

Met ’n trotse oupa Charles, ouma Doria en sy ander ouma, Diana, se twee susters wat toegekyk het, is Archie Harrison Mountbatten-Windsor Saterdag in Windsorkasteel gedoop.

Die insluiting van Diana, ontslape prinses van Wallis, se twee susters, lady Sarah McCorquodale en Jane Fellowes, op die amptelike doopfoto spreek boekdele van Harry se sterk band met sy Spencer-familie.

Die amptelike doopfoto’s is ook die eerste foto’s waarop Archie se volle gesiggie gesien kan word. En is hy nie prentjie met sy ma se oë en wipneus en pa se rooi hare nie!

Archie se doop was soos alle koninklike doopgeleenthede privaat, maar die paartjie se besluit om nie die name van sy peetouers bekend te maak nie, het hulle die toorn van die Britse pers op die hals gehaal.

’n Trotse prins Harry en Meghan, hertogin van Sussex, met hul eersteling, Archie Harrison Mountbatten-Windsor. Prins Charles en sy vrou, Camilla, hertogin van Cornwall, prins William en sy vrou, Catherine, hertogin van Cambridge, en Doria Ragland, Meghan se ma, verskyn saam met Harry en William se ma, Diana, se twee susters op die foto. Lady Sarah McCorquodale staan langs prins William. Barones Jane Fellowes staan langs Doria. Foto: Chris Allerton

Die koste om Frogmore Cottage, die Sussexe se tuiste van vyf wooneenhede in ’n woning vir prins Harry en Meghan te verander, het £2,4 miljoen beloop. Dié enorme koste vir die verbouings en veranderings is uit die koningin se inkomste betaal, geld wat andersins na die Britse taksman sou gegaan het.

Van die dagblaaie in die land is van mening dat die Sussexe nie die reg het om die doop privaat te hou nie omdat die Britse belastingbetalers vir die verbouings betaal het.

Enkele aanhangers het wel Saterdag in Windsor saamgedrom in die hoop om van die peetouers en koninklikes te sien, maar net prins William en Catherine, hertogin van Cambridge, is gesien toe hulle na die kasteel se ingang gery het.

Dié foto is in die roostuin by Windsorkasteel geneem. ’n Slapende Archie in die Honiton-dooprok rus in sy ma se arms. Sy ma kyk vir sy pa en prins Harry vir sy seun kyk. Foto: Chris Allerton

Die peetouers, vermoedelik hegte vriende van Harry en Meghan, is vermoedelik deur agterste ingange na die kasteel gebring.

Hoewel Harry en Meghan met Archie se geboorte ook inligting soos wie die medici is wat met die bevalling gehelp het, uit die openbare oog gehou het, is die besluit om nie die name van Archie se peetouers bekend te maak nie, tekenend van hul poging om Archie as ’n private burger groot te maak.

Meghan se roomwit uitrusting was van die Franse modehuis Dior.

Twee foto’s is Saterdag uitgereik. Een van Archie met sy nouste familie, en ’n intieme swart-en-wit foto wat in die roostuin by Windsorkasteel geneem is. Chris Allerton, wat Harry en Meghan se troufoto’s geneem het, was ook agter die kamera vir Archie se doopfoto’s. Nog foto’s sal moontlik op die Sussexe se Instagram-profiel, @SussexRoyal gedeel word.

Meer oor:  Hertogin Van Sussex  |  Meghan  |  Archie  |  Britse Koninklikes  |  Prins Harry
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.