Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
KYK: Eerste foto van Boris Johnson, Carrie se troue

Die Britse premier, Boris Johnson (56), en sy verloofde is Saterdag in die Westminsterkatedraal in Londen getroud.

’n Woordvoerder van Downingstraat 10 het aan die BBC gesê Johnson en Carrie Symonds (33) is gedurende “ ’n klein seremonie” getroud met die oog op ’n groter geleentheid volgende jaar wanneer hulle dit saam met hul familie en vriende sal vier.

Johnson is die eerste premier in byna 200 jaar wat trou terwyl hy die amp beklee. Die laaste premier wat in die amp getroud is, was Robert Banks Jenkinson in 1822. Dit is Johnson se derde huwelik en Carrie se eerste. 

Downingstraat 10 het geen verdere inligting bekend gemaak oor wie genooi is en of enige van Johnson se kabinetslede onder die gaste was nie.

LONDON, UNITED KINGDOM - MAY 29: (Alternate crop o
Boris en Carrie Johnson ná hul troue in die tuin van Downingstraat 10. Foto: Getty Images

Verskeie politici het die egpaar gelukgewens, onder wie Priti Patel, die minister van binnelandse sake, Nadhim Zahawi, die minister van entstowwe, en Therese Coffey, die minister van arbeid en pensioene.

Patel het op Twitter geskryf: “Baie geluk, mnr. en mev. Johnson @BorisJohnson en @CarrieSymonds. Ek wens julle albei baie liefde en geluk toe.”

Symonds het in ’n wit rok geklee in ’n limousine by die katedraal aangekom.

Sy en Johnson het die eerste keer vroeg in 2019 begin uitgaan. Sy het aanvanklik in die nuuskantoor van die Konserwatiewe Party gewerk, waarby sy in 2010 aangesluit het. Sy was ook betrokke by Johnson se suksesvolle veldtog om weer tot burgemeester van Londen verkies te word.

Sy het kommunikasiehoof van die party geword voordat sy in 2018 weg is om as ’n skakelbeampte vir die mariene bewaringsorganisasie Oceana te werk.

Die paartjie het bekend gemaak dat hulle verloof is en in Februarie verlede jaar dat Symonds swanger was. Hul seun, Wilfred, is verlede April gebore.

Volgens die Daily Mail  het die paartjie maande gelede uitnodigings aan gaste gestuur om Saterdag op hul kalender oop te hou. Hulle het glo die klein seremonie ses maande lank in die geheim beplan.

Volgens die land se Covid-19-regulasies mag slegs 30 gaste in hierdie stadium troues bywoon – hoewel die inperking na verwagting op 21 Junie opgehef sal word.

Dit wil voorkom asof die pasgetroude paartjie, wat in Junie op die G7-beraad die eerste keer as man en vrou in die openbaar sal verskyn, nie op ’n wittebrood gaan nie.

The Sun berig ’n bron na aan Symonds het gesê dat albei baie opgewonde was oor die troue.

“Die hele geleentheid is te midde van groot geheimhouding noukeurig beplan en uitgevoer. Dit was net hul geheim en dit het die dag so spesiaal gemaak,” het die bron gesê.

Vader Daniel Humphreys, wat Wilfred verlede jaar gedoop het, het hulle in die huwelik bevestig. 

Meer oor:  Boris Johnson  |  Carrie Symonds  |  Londen  |  Britse Premier  |  Troue
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.