Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
KYK: 1ste foto van Demi-Leigh se troue

Tim Tebow (32), die Amerikaanse voetbalspeler, het Dinsdag 04:00 (SA tyd) die eerste foto van hom en Demi-Leigh Nel-Peters (24), voormalige Mej. Heelal en Mej. Suid-Afrika, se troue op Instagram gedeel.

Hy het  "vir ewig" by dié foto van hom en Nel-Peters geskryf.

Tebow en Nel-Peters het Maandag by die La Paris-landgoed in Franschhoek buite Kaapstad getrou, berig Sarie eksklusief.

Dié troue het in groot geheimhouding plaasgevind. Die gaste het nie eens geweet waar die troue gehou word nie. Hulle is Maandag met bussies by die Waterfront in Kaapstad opgelaai. Daar was glo 260 gaste, waarvan die helfte al die pad van Amerika gekom het.

LEES OOK: SA eksklusief: Demi-Leigh raak Mevrou Tebow

Nel-Peters het plaaslike grimeerkunstenaars gebruik vir haar groot dag, maar in 'n Amerikaanse rok getrou. 

Irina Grant en Renee de Wit het haar grimering gedoen.

Sy het haar rok by David's Bridal, 'n kettingwinkel in Amerika, gekoop. Die winkel neem bestellings van mense wêreldwyd.

Grant is die eienaar van die Makeup Stars Cape Town Makeup School, terwyl De Wit al vir meer as 20 jaar in die bedryf werk.

De Wit het vir agt jaar in Londen gewerk voordat sy na Suid-Afrika teruggekeer het. Sy het  meer as 30 internasionale en plaaslike tydskrifvoorblaaie agter haar naam.

Die amptelike fotograaf, Hanri Human, het 'n foto op haar Instagram-rekening geplaas, wat aandui haar foto's gaan eksklusief in die Amerikaanse tydskrif, People, gepubliseer word.

Tebow en Nel-Peters het voor hul troue twee partytjies in en om Kaapstad gehou, waar Nel-Peters haar man en sy Amerikaanse familie en ander gaste aan Suid-Afrika se kultuur en tradisies bekend gestel het.

Die egpaar het foto's en video's op Instagram van die swierige partytjies gedeel.

Tim Tebow en Demi-Leigh Nel-Peters op die onthaal wat Sondag in Kaapstad gehou is. Foto: Instagram/ Demi-Leigh Nel-Peters

Soos vroeër berig het Tebow en Nel-Peters Sondagaand 'n swierige onthaal gehou, waar hulle en van hul naaste familie toesprake gelewer het.

Tebow en Nel-Peters het in 2017 deur Tebow se liefdadigheid Night to Shine, wat kinders met spesiale behoeftes bystaan, ontmoet.

Nel-Peters het destyds gesê hulle het met mekaar begin praat en net nooit opgehou praat nie.

* ’n Paar dae voor die troue het die beeldskone Demi-Leigh vir SARIE se Suzette Truter in Kaapstad ontmoet vir ’n onderhoud oor haar troue, die nuwe avontuur en hoe Tim haar lewe verander het. Die troue en onderhoud verskyn in SARIE se Maart-uitgawe.

Meer oor:  Tim Tebow  |  Demi-Leigh Nel-Peters  |  Kaapstad  |  Franschhoek  |  Troue  |  Grimering
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.