Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
KYK: Glanspaar deel storie agter dogter se naam

Kort voor die geboorte van hul eersteling het Simoné en Andries Pretorius hul dogter se naam en die geseënde storie daaragter met die wêreld gedeel.

Harper Pretorius, ’n dogter wat ’n instrument in die Here se hand sal wees en sy teenwoordigheid en liefde aan die wêreld sal uitstraal.

Simoné sê sy en Andries het aanvanklik nie ’n idee gehad wat hulle hul dogtertjie wou noem nie.

“Ons het toe al hoe meer bevestiging ontvang van haar karakter. Dat sy soos koning Dawid leierseienskappe en wysheid sal hê en nederig en aanbiddend sal wees.

Simoné en Andries Pretorius kort nadat hulle uitgevind het sy verwag 'n dogtertjie. Foto: Carmen Comrie Photography

Sy en Andries het eendag deur ’n lys name gegaan en op die naam Harper afgekom. Toe hulle die betekenis naslaan, was hulle teleurgesteld dat dit net verwys het na iemand wat ’n harp bespeel.

Op onderskeie geleenthede het die egpaar afsonderlik bevestiging oor die naam Harper ontvang. Die laaste en finale bevestiging was toe Simoné vir Andries ’n foto van haar wys wat vroeër die dag in ’n oesveld gestaan het met haar hande gelig en ’n kaleidoskoop van kleure in die lug.

“Andries was skoon emosioneel, want vroeër daardie selfde dag het die Here vir hom ons dogtertjie so, aanbiddend, hande omhoog, in ’n veld kom wys. En dis toe dat ons geweet het dis die Here se naam vir ons dogter.”

Die foto wat as finale bevestiging gedien het oor wat die naam van Simoné en Andries Pretorius se pienkvoet moet wees. Foto: Carmen Comrie Photography

Simoné erken die naamkeuse was vir haar as Afrikaner en Afrikaanse aktrise ’n waagmoedige keuse, maar sê wanneer die Here roep en opdrag gee, kan sy en haar man, 'n entrepreneur, nie anders as om gehoorsaam te wees nie.

“En dis asof, toe ons God se naam vir haar aanvaar het, ons tonge losgekom het en ons Hom werklik kon prys vir haar lewe,” sê Simoné en maak ’n vergelyking met die storie van Sagaría, wat stom was totdat hy die Here se naam vir sy seun, Johannes die Doper, aanvaar het.

Simoné sê sy dink hul nuwe pienkvoet se koms is om die draai en sê hulle sien baie daarna uit.

“Hulle oordryf nie as hulle sê die laaste trimester van ’n swangerskap voel soos nege jaar nie,” skerts sy.

Maar om hopelik van die sooibrand ontslae te raak is hoegenaamd nie die enigste ding waarna sy uitsien ná Harper se geboorte nie.

“Ek sien régtig ook daarna uit om ’n dieper vlak van afhanklikheid in my verhouding met die Here te ontwikkel,” sê Simoné.

“Ek sien uit daarna om te groei, die opofferings wat ek gaan moet maak en om by die diep kant ingegooi te word. Ek weet mense het nie gewoonlik daardie uitkyk nie. Ek kan nie wag om haar te ontmoet, te leer ken, lief te hê en saam met Andries die nuwe avontuur aan te pak nie.”

Simoné
Meer oor:  Andries Pretorius  |  Simoné  |  Baba Se Naam
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.