Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
KYK: Glee-ster se lyk sal moontlik nooit gekry word

Die lyk van die aktrise Naya Rivera (33) is nog nie gekry nie nadat sy Woensdag vermoedelik in die Piru-meer in Kalifornië verdrink het.

Die Ventura-polisie het Vrydagoggend sy soektog na Rivera hervat nadat dit Donderdagaand laat gestaak is, berig CNN.

Rivera het Woensdagmiddag ’n ponton gehuur en saam met haar seun, Josey Dorsey (4), op die meer gaan vaar.

’n Soektog is begin nadat die boot se huurtyd van drie uur verstryk het, en ’n werknemer die boot aan die noordekant van die meer gekry het.

Josey was op die boot, maar Rivera was nêrens te vinde nie. ’n Reddingsbaadjie is op die boot gekry en Josey het die ander een aangehad.

CBS News berig Josey het aan ondersoekbeamptes gesê dat hy en sy ma geswem het, maar dat sy nie weer in die boot geklim het nie.

’n Soektog is begin met helikopters, hommeltuie en duikers wat ingespan is om na die aktrise te help soek.

Die boot was nie geanker nie en was nie naby die oewer toe dit gekry is nie, het die polisie gesê. Die meer in daardie deel is sowat 9 m diep.

Naya Rivera Foto: AP

Volgens sers. Kevin Donoghue, polisiewoordvoerder, is die plantegroei ruig. Dit maak die soektog vir die duikers baie gevaarlik.

“As ’n lyk onderwater verstrengel raak, sal dit nie opkom nie,” het Donoghue gesê.

Intussen het die polisie in Ventura ’n video op hul Twitter-blad gedeel wat wys hoe Rivera en haar seun op die boot klim.

Rivera se gewese man, Ryan Dorsey, het volgens een van sy huismaats glo nie geweet dat sy hul seun op ’n uitstappie na die meer neem nie. Hy is onmiddellik daarheen toe hy hoor dat sy seun alleen op die boot gekry is.


Meer oor:  Piru-Meer  |  Kalifornië  |  Soektog  |  Naya Rivera
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.