Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Graeme Smith en Romy is getroud!

Graeme Smith, voormalige Protea-krieketkaptein, en die prokureur Romy Lanfranchi het Saterdag getrou – op die dag wat die Springbokke die Wêreldbekereindstryd gewen het.

Smith het vroeër die dag op Instagram gesê sy troue gaan behoorlik ’n makietie wees danksy die Springbokke se sege.

John de Beer, troubeplanner, het foto’s op Facebook van die gelukkige paartjie gedeel.

“Geluk Graeme en Romy Smith. Dit was ’n plesier om julle met jul spesiale dag te help. Julle is beide ongelooflik.”

Die egpaar het ’n tweejarige seun, Sebastien, maar albei het ook kinders uit ’n vorige huwelik. Lanfranchi het in 2016 aan Huisgenoot gesê sy was uitgeboul toe sy Smith die eerste keer ontmoet het omdat hy so plat op die aarde is.

Romy het twee jong seuns by haar oorlede man, Michel Lanfranchi.

Graeme se eksvrou, die Ierse popsangeres Morgan Deane, is die ma van syander twee kinders, Cadence (7) en Carter (6).

Graeme het in Maart 2017 ná ’n huwelik van byna ses jaar amptelik van Morgan geskei. Hy is deesdae ook ’n krieketkommentator.

Meer oor:  Graeme Smith  |  Troue  |  Bekendes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.