Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
KYK: Grease se sterre weer bymekaar ná 40 j.

Daar was groot glimlagte en heelwat deernis tussen die twee sterre wat die rolle van die verliefde Danny en Sandy in die fliek Grease vertolk het.

Olivia Newton-John en John Travolta wys hulle kan nog net so goed soos 40 jaar gelede heupe swaai.Foto: Reuters

Olivia Newton-John (69) en John Travolta (64) was saam op die rooi tapyt vir ’n spesiale vertoning van Grease by die Academy of Motion Picture Arts and Sciences in Beverly Hills in Kalifornië 40 jaar nadat die fliek uitgereik is.

Didi Conn, wat die rol van Frenchy vertolk het, Barry Pearl, wat Doody was, en die fliek se regisseur, Randal Kleiser, het hulle by die twee sterre aangesluit.

Hulle het die fotograwe op die rooi tapyt behoorlik vermaak en het selfs die ou bekende danspassies uitgehaal.

Olivia Newton-John lag te lekker terwyl sy en John Travolta voor die kameras dans. Foto: Reuters
Olivia Newton-John en John Travolta ken duidelik nog die bekende Grease-dansbewegings. Foto: Reuters
John Travolta gee Olivia Newton-John ’n soen voor die kameras.Foto: Reuters
Olivia Newton-John en John Travolta staan ’n onderhoud op die rooi tapyt toe. Foto: Reuters
Didi Conn, Barry Pearl, Olivia Newton-John en John Travolta. Foto: Reuters
Selfie-tyd!Foto: Reuters
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.