Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
KYK: Gwyneth spog met haar nuwe trouring

Gwyneth Paltrow, Oscar-bekroonde aktrise en sakevrou, en die regisseur Brad Falchuk, is getroud.

Hulle het Saterdag in haar huis in die Hamptons, ’n speelplek vir die rykes en bekendes op Long Island, naby New York, getrou.

Die paartjie, het in 2014 op die stel van Brad se trefferreeks Glee ontmoet.

Paltrow het Sondag gespog met haar en haar man se trouringe, toe sy ’n foto van hul hande op Instagram geplaas het.

Die foto van het meer as ’n kwartmiljoen “likes” gekry.

Gaste by die troue was niks anders as die A-lys van Hollywood nie, soos Cameron Diaz en haar man, Benji Madden, Robert Downey jr., wat Paltow se kêrel in die Iron Man-rolprente speel, Jerry Seinfeld, Steven Spielberg, en die akteur Rob Lowe.

Volgens

E News, het Spielberg as die nie-amptelike videograaf opgetree en almal afgeneem.

Meer oor:  Gwyneth Paltrow  |  Brad Falchuk  |  Celebs  |  Troue
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.