Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
KYK: Harry en Meghan in Bath vir Invictus Spele

Met net ses weke oor tot hul troudag, het prins Harry en Meghan Markle Vrydag saam in die openbaar verskyn ten bate van die Invictus Spele.

Meghan Markle Vrydag in Bath waar sy saam met prins Harry hoopvolle deelnemers vir Brittanje se span na die Invictus Spele gaan aanmoedig het. Foto: Getty Images
Prins Harry moedig atlete aan. Die Invictus Spele was sy breinkind en die eerste spele is in 2014 gehou. Foto: Getty Images

Dié spele, die breinkind van prins Harry wat self twee toere in Afganistan deurgemaak het, word in Oktober vanjaar in Sydney, Australië aangebied.

Dit is juis met die aanbied van die spele verlede jaar in Toronto, Kanada, wat Harry en Meghan hul eerste amptelike verskyning as ’n paartjie in die openbaar gemaak het. Meghan se ma, Doria Ragland, het selfs van Los Angeles gevlieg vir die afsluitingseremonie en saam met haar dogter, die prins en van Meghan se vriende na die seremonie gekyk.

Prins Harry het die spele vir gewonde en siek militêre veterane in 2014 die lig laat sien.

Vrydag het hy en Meghan deelnemers wat graag deel van die Britse span wil word vir die spele later vanjaar, by die sportsentrum by die universiteit van Bath bygewoon en aangemoedig.

Meghan Markle het ’n T-hemp van die Invictus Spele en denims onder ’n gemaklike jas gedra. Foto: WireImage

Die prins en Meghan het nie die afgelope naweek die tradisionele Paasdiens saam met koningin Elizabeth by die St. George-kapel in Windsor bygewoon nie. Kensingtonpaleis het gesê die twee geniet ’n private Paasfees.

Daar word bespiegel dat Meghan van die langnaweek gebruik gemaak het om by haar ma in Los Angeles te gaan kuier en haar op die hoogte van al die troureëlings te bring.

Prins Harry en sy nuwe hertogin – Meghan se titel sal op haar troudag deur koningin Elizabeth bekendgemaak word – sal na verwagting in Oktober na Sydney reis vir die spele.

Die paartjie trou op 19 Mei in die St. George-kapel in Windsor.

Die verloofde paartjie Vrydag in Bath.Foto: Getty Images
Dit het gelyk of Meghan Markle die besoek net soveel soos prins Harry geniet het. Foto: Getty Jackson
Albei was in gemaklike klere geklee vir Vrydag se besoek aan die sportsentrum in Bath. Foto: AP
Meer oor:  Meghan Markle  |  Prins Harry  |  Windsor  |  Engeland  |  Koningklikes  |  Celebs  |  Troue
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.