Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
KYK: Harry ene glimlagte ná ‘moeilike nag’ met Archie

Hy het ’n moeilike nag met Archie agter die rug, het prins Harry Dinsdag in Oxford gesê waar hy soos ’n rockster ontvang is.

Daar was soveel kaartjies en plakkate van gelukwense met die geboorte van sy en Meghan, hertogin van Sussex, se eersteling dat die prins albei hande moes gebruik om die pak kaartjies en tekeninge vas te hou.

Prins Harry het meer as 60 kaartjies van gelukwense van laerskoolkinders buite ’n gemeenskapsaal in Oxford gekry. Sy ma, die ontslape Diana, prinses van Wallis, het dié sentrum in 1989 geopen. Foto: Reuters
’n Glimlaggende prins Harry moes albei hande gebruik om die hoop kaartjies vas te hou. Foto: Reuters

Harry het onder meer die Oxford-kinderhospitaal besoek waar ’n oudpasiënt ’n pragtige teddiebeer vir Archie aan hom oorhandig het. Harry het saam met die toeskouers ge-oe en ge-aaa toe hy die teddiebeer vir hulle wys.

In die kindersale het Harry ’n glimlag op die gesig van vele ouers en pasiënte gebring.

Amy Schullard, ’n ma van twee, het met haar babadogtertjie van tien maande in haar arms gesit toe Harry stop om met haar te gesels. Amy se driejarige seun is in remissie nadat testikulêre kanker op tweejarige ouderdom by hom gediagnoseer is. Harry het die driejarige Emmett se kop gevryf en toe babasake met Amy gesels. Hy het Amy gevra of haar dogtertjie al oor die “stormagtige fase” is, omdat babas tot op tien weke maar knorrig is.

Die prins het vir Amy gesê hy raak gewoond aan Archie en hoe sy pasgebore seun by hul gesinslede inpas. Hy het ook gesê hy kan nie sy lewe sonder Archie voorstel nie, berig Hello.

Harry het ook laat val dat hy die vorige aand ’n “moeilike aand” met Archie gehad het, berig Mailonline.

Prins Harry ontmoet die skoolkinders wat buite ’n gemeenskapsentrum in Oxford op hom gewag het. Foto: AP
Prins Harry en die 13-jarige Daisy Wingrove, ’n oudpasiënt van die Oxford-kinderhospitaal, lag nadat sy ’n spesiale teddiebeer vir Archie aan prins Harry gegee het. Archie se naam is onder meer op die beer se hempie gedruk. Foto: Getty Images

Sy seun se gebrek aan slaap hou Harry ook beslis uit die slaap uit. Hy het aan ’n groep skoolkinders buite ’n gemeenskapsaal in Oxford gesê hy sal hul kaartjies en boodskappe van gelukwense lees wanneer hy 04:00 in die oggend met Archie bedrywig is.

Harry het kort ná Archie se geboorte Maandag ’n week gelede teruggekeer werk toe.

Hy het drie dae ná Archie se geboorte reeds die bekendstelling van die Invictus Spele vir 2020 in Den Haag, Nederland, bygewoon. Die afgelope naweek het hy ook gesig gewys by die Windsor-perdeskou en aanstaande week reis hy na Italië om in ’n polowedstryd ten bate van sy liefdadigheid, Sentebale, te speel.

Meghan sal na verwagting drie of vier maande met kraamverlof wees.

Daisy Wingrove, ’n oudpasiënt van die Oxford-kinderhospitaal, kry een van prins Harry se groot drukkies. Foto: Reuters
Harry gesels met ’n seuntjie op sy besoek aan die Oxford-kinderhospitaal. Foto: Reuters
Prins Harry het later sy baadjie uitgetrek en op die vloer gaan sit om met ’n jong pasiënt te gesels. Foto: AP
Dit was ’n dag van drukkies. Prins Harry deel drukkies in die gemeenskapsentrum se kafee uit. Foto: Reuters
Prins Harry se ma, Diana, het die gemeenskapsentrum in Oxford in 1989 besoek. Foto: Reuters
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.