Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
KYK: Harry kry vir Meghan stemwerk by Disney

'n Video waarin prins Harry in Disney se grootbaas, Bob Iger,  se oor fluister dat Meghan stemwerk ook kan doen, maak opslae op sosiale media. 

Terwyl Meghan met Beyoncé en haar man, Jay Z, gesels, leuen Harry oor en fluister in Iger se oor: "Jy weet sy doen stemwerk" terwyl hy na Meghan beduie. Iger sê verbaas: ''Regtig", waarop 'n laggende Harry sê ''het jy dit geweet?''. Iger herhaal dan ''ek het nie geweet nie''.

Harry sê: ''Jy lyk werklik verras, maar, ja, sy stel belang''. Igor knik instemmend en sê: "Seker, ons sal daarvan hou om te probeer."

Die video is verlede  jaar in Julie geneem tydens die première van The Lion King in Londen opgeneem en was een van die eerste geleenthede wat die paartjie ná die geboorte van hul seun, Archie, bygewoon het. 

Daar is die naweek berig dat Meghan reeds 'n kontrak met Disney vir stemwerk gesluit het en dat dit een van die redes is hoekom daar onmin tussen die Sussex-egpaar en die res van die koninklike familie is. 

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.