Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
KYK: Harry, Meghan wys hoe lyk klein Archie
Prins Harry en Meghan het Archie op 8 Mei, twee dae ná sy geboorte, in die Windsorkasteel aan die media gewys. Foto: Getty Images

Kyk hoe lyk klein Archie Harrison Mountbatten-Windsor!

Op die nuwe foto wat Sondagmiddag ter ere van Vadersdag deur prins Harry en Meghan, hertogin van Sussex, uitgereik is, kan ’n mens sien hoe die klein bondeltjie knus in sy pa se arms lê.

Hy is so klein dat sy armpies se moue omgevou is.

Vir Vadersdag het prins Harry en Meghan dié foto van klein Archie op sosiale media geplaas.Foto: Sussexroyal/Instagram

Koninklike bewonderaars het Sondag die hele dag op dié foto gewag. Daar was al verlede week gissinge dat ’n foto van Archie Sondag geplaas sou word.

Vir Moedersdag is ’n kiekie van Archie se voetjies op sosiale media geplaas.

Die ander koninklike rekeninge op sosiale media het reeds van vroegoggend af foto’s ter ere van Vadersdag geplaas.

Op die profiel van prins William en Catherine is ’n foto van prins William saam met sy jongste, prins Louis, en prins William en sy pa, prins Charles geplaas.

Prins Charles en prinses Anne het weer as kleingoed saam met prins Philip op die koninklike familie se profiel verskyn.

Prins Andrew het op sy beurt foto’s van hom en sy twee dogters, prinses Eugenie en prinses Beatrice, geplaas.

Archie word volgens berigte wat Sondag in die Britse media verskyn het, in Julie in die St. George-kapel in die Windsorkasteel gedoop. Ook prins Harry is in dié kapel gedoop en Harry en Meghan is boonop verlede jaar in dié kapel getroud.

Meer oor:  Meghan  |  Archie  |  Prins Harry  |  Britse Koninklikes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.