Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
KYK: Harry Styles het weer probleme op die verhoog

Die Britse sanger, Harry Styles, het Dinsdagaand tydens ’n konsert by die Hammersmith Apollo, in Londen byna hard met die aarde kennis gemaak toe hy op ’n kiwivrug gegly het.

'n Week gelede was daar 'n herrie nadat 'n aanhanger in die voorste ry by sy konsert in Los Angeles hom glo betas het. Van sy aanhangers het daaroor uitgevaar, maar Styles het nog geen woord daaroor gerep nie.

In die jongste voorval was Styles besig om een van sy treffers, Kiwi, te sing, toe lede van die gehoor hom het kiwi’s bestook en hy op een gegly het, berig Music News LIVE.

Hy het afgesak om ’n paar danspassies uit te voer, maar moes inderhaas na die mikrofoonstaander gryp om staande te bly toe hy skielik gly, berig die Mirror.

“Gelukkig het hy daarin geslaag om weer sy voete te vind, net gelag en aangehou met sing en dans.

“Later het hy uitgevind wat sy val veroorsaak het – ’n aanhanger het hom met ’n kiwi gegooi,” skryf die koerant.

Volgens die Evening Standard het hy later aan sy aanhangers gesê: “Julle het my seker vroeër tydens dié liedjie sien val. Dit blyk ’n kiwi te gewees het. Dit was die skuldige. Dit kan dalk later ’n probleem word.”

Styles het 'n reputasie vir sy oepsies tydens sy optredes.

Een voorbeeld is toe hy in 2015 tydens ’n optrede in Toronto geval het terwyl hy sy arms in die lug geswaai het.

Hy het blykbaar ook tydens ’n optrede in San Diego geval.

Styles se aanhangers het gedink dis skreeusnaaks en hulle na Twitter gewend om oor die voorval te praat.

“Liewe Harry, ons mis jou epiese struikelinge op die verhoog tydens hierdie toer. Hou asseblief op om jou balans te probeer herwin wanneer jy oor al die liefde val,” het een aanhanger getwiet.

“Dit is nie ’n Harry Styles-konsert totdat hy struikel en val nie,” het nog ’n aanhanger getwiet.

Kyk hier na 'n samestelling van videos deur een van Styles te aanhangers wat die ster se onbeholpenheid op die verhoog goed saamvat:

Meer oor:  Verhoog  |  Harry Styles
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.