Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
KYK: Harry volg in Diana se Angolese spore

In sy ma se voetspore.

En besig met die werk waarmee Diana, ontslape prinses van Wallis, 22 gelede begin het.

Prins Harry, jongste seun van Diana en prins Charles, kon Vrydag net soos sy ma deur ’n veld stap waar die Halo-trust besig is om landmyne op te spoor en te vernietig.

Hy het ook – nes Diana – ’n landmyn onskadelik gestel.

Die prins kon ook later die dag in Prinses Dianastraat in Huambo stap – die plek waar sy ma destyds in ’n veld besaai met landmyne gestap het.

Harry sit stil op ’n bankie naby die boom – nou genoem die Diana-boom – waar sy ma met haar besoek in 1997 afgeneem is.Foto: AP
Diana in 1997 onder die boom wat nou die Diana-boom heet. Foto: Getty Images

Daarna het hy stil op ’n bankie naby ’n boom gaan sit waar sy ma in 1997 afgeneem is. Hy het ook ’n gedenkplaat onthul by die kliniek wat Diana besoek het en nou die Prinses Diana-kliniek heet.

Op sy en sy vrou, Meghan, se Instagramprofiel is ook Vrydag hulde gebring aan Diana se grensverskuiwende werk teen landmyne.

Die foto’s van Diana waar sy in Januarie 1997 in Huambo deur ’n veld met landmyne stap en kinders vertroos wat weens landmyne ledemate verloor het, het wêreldwyd stukrag gegee aan pogings om die vervaardiging en gebruik van landmyne te staak. ’n Paar maande ná haar dood is ’n internasionale verdrag teen die gebruik van landmyne in oorlogsvoering opgestel en onderteken.

’n Saamgestelde foto van Diana in 1997 in Angola en Harry tydens sy besoek Vrydag. Albei het deur velde geloop waar landmyne opgespoor en onskadelik gestel is. Foto: Reuters
Diana, Harry se ma, in Januarie 1997 in Huambo, Angola. Harry het Vrydag in Huambo in sy ma se voetspore gevolg. Vandag is dié veld ’n straat met huise en winkels weerskante. Foto: AP
Harry stap Vrydag deur ’n veld in die Dirico- munisipale gebied in die Cuando Cubango-provinsie in Angola waar die Halo-trust besig is om landmyne te verwyder.Foto: Reuters
Diana gebruik ’n afstandbeheer om ’n landmyn op te blaas tydens haar besoek van 1997. Foto: AP
Harry het vroeër Vrydag in Dirico ’n landmyn laat ontplof.Foto: Getty Images
Harry stap in Prinses Dianastraat af in Huambo. Dit is hier waar Diana 22 jaar gelede die wêreldaandag op die vernietigende gevolge van landmyne gevestig het. Foto: Reuters

Hoewel Diana nooit self die vrugte van haar handewerk kon sien nie, is albei haar seuns, maar veral Harry, nou by die werk van die Halo-trust betrokke.

Skenkings aan die trust vir hul werk om oorlogsrommel en veral landmyne te verwyder het drasties afgeneem en Harry hoop sy betrokkenheid sal net soos sy ma se betrokkenheid die Halo-trust ’n hupstoot gee.

Die Angolese regering het reeds hul finansiële bystand gebied en beoog om dié land teen 2025 vry van landmyne te hê.

Die prins het Donderdag Botswana besoek. Ná Angola besoek hy nog Malawi voordat hy na Johannesburg terugkeer en weer by Meghan en hul kleinding, Archie, aansluit. Die Sussexe keer op 1 Oktober terug na Brittanje.

Meer oor:  Angola  |  Koninklike Toer  |  Prins Harry
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.