Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
KYK: Hier is top-finaliste vir Mnr. SA

Nie net is die kroning van Mej. SA om die draai nie, maar die Mnr. SA-kompetisie is in volle swang en die wenner sal aan die einde van volgende maand aangewys word.

Van die finaliste is vyf van die Wes-Kaap, twee elk uit Limpopo en Gauteng, en een uit die Oos-Kaap.

Vanjaar is een van die finaliste net 19 jaar oud. Dié jong man van Limpopo is die jongste deelnemer wat nog ooit die top-10 gehaal het.

Vanjaar se wenner word op 28 November in Kaapstad aangewys en die geleentheid word aanlyn uitgesaai.

Mense wat daarna wil kyk, kan dit op die organisasie se webtuiste volg teen R99. Mense wat ’n bottel wyn en eetgoed wil bestel om te geniet op die kroningsaand, kan dit ook op die webtuiste bestel. Die pakkies sal kort voor die geleentheid afgelewer word.

Die top-10 in die Mnr. SA-kompetisie. Vlnr agter is Heinrich Moses, Roan Kitshoff, Danny Doman, Leon van der Westhuizen en Lee Jordan Jacobs. Voor is De Villiers Koster, Hannes van der Walt, David Schabort, Songezo Mankahla en Kyle Hans. Foto: Verskaf

Die wenner word gekroon deur Heinrich Gabler, die huidige Mnr. SA, ’n Wes-Kapenaar.

Die finaliste is:

Leon van der Westhuizen (28) is oorspronklik van Piketberg in die Wes-Kaap, maar het na Knysna verhuis waar hy ’n argitek is.

“Ek het ingeskryf vir Mnr. SA om myself buite my gemaksone te dwing in die hoop om vertroue te bou en my karakter te ontwikkel.

“As ek gelukkig is om as die titel te wen sal ek dit met die grootste waardigheid dra, want dit is nie net ’n kompetisie nie, maar ’n groot verantwoordelikheid en eer om die handelsmerk en Suid-Afrika op alle vlakke te verteenwoordig.”

Lee Jordan Jocobs (39) van die Paarl in die Wes-Kaap, droom van ’n Suid-Afrika “waar ons kinders beskerm word, met gelyke geleenthede gebombardeer word en deur onderwys bemagtig word”.

“Ek is as seun geterg omdat ek maer was en oor die toonhoogte van my stem. Ek het gedink ek is nie genoeg nie. Dit alles het ’n permanente litteken gelaat wat tot ’n lae selfbeeld gelei het.

“Ek het ingeskryf om al die sogenaamde hindernisse wat my lewe verwoes het, te oorkom om die beste weergawe van myself te wees. Dit het my lank gevat om te kom waar ek vandag is, maar vandag is ek trots en tevrede met wie ek is.”

Kyle Hans (31) van Plettenbergbaai in die Wes-Kaap meen Mnr. SA is ’n ambassadeur in elke kultuur, ras en godsdiens.

“As ek sou wen, sal ek my kundigheid, my liefde vir motiveringspraatjies en mentorskap, sowel as my sterk gesinswaardes gebruik om ’n voorbeeld te wees in ’n tyd waar veral jong mans goeie rolmodelle benodig.”

Hans het as kind ’n chroniese veltoestand gehad wat sy selfvertroue beïnvloed het omdat hy geen wenkbroue gehad het nie.

“Ek is in verbande toegedraai om die jeukery te verlig, ek moes in hawermoutpap bad en weens littekens het ek spesiale toestemming gekry om in die somer langbroeke skool toe te dra.

“Dit het my laat besef dat ek ’n inspirasie, ’n rolmodel en ’n stem wil wees vir die baie mense daar buite wat hulself in erger situasies en omstandighede bevind.”

Roan Kitshoff (29) van Bellville, Kaapstad sê Mnr. SA is meer as ’n titel. “As ek sou wen, sal ’n droom bewaarheid word wat 11 jaar gelede op die ouderdom van 18 jaar oud begin het.

“Dit sal vir my alles beteken. Dit sal beteken dat ek my storie kan deel en deur my eie sukses sal dit my in staat stel om ander te inspireer.

“Dit sal my help om mense te wys dat jou opvoeding en jou ouderdom jou nooit moet beperk nie. My doel is om jong mans in Suid-Afrika te help sien watter waarde ’n regte gentleman het.”

Heinrich Moses (29) is ’n onderwyser van Ceres in die Wes-Kaap. Hy sê: “As ek wen, sal ek graag dié wonderlike platform wil gebruik om die jeug en die mense van Suid-Afrika op te hef.

“Toe ek geveg het teen ’n slegte gewoonte van dwelmmisbruik, het ek soveel van myself verloor. Ek het my visie, ambisie en eiewaarde verloor.

“Maar vandag staan ??ek sterk en trots. Deur keuses te maak wat my welstand verbeter en deur ’n aktiewe burger in Suid-Afrika te wees, kan ek vandag met trots sê dat ek ’n top-10-finalis is in die Mnr. SA-kompetisie.”

Meer oor:  Mej. Sa  |  Heinrich Gabler
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.