Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Kyk hoe lyk Cintaine se verloofring
Cintaine Schutte en Carel Nel het Maandagaand verloof geraak. Foto: Verskaf

Die akteurs Cintaine Schutte en Carel Nel is verloof.

Die paartjie, wat albei in die kykNET-drama Fynskrif te sien is, het Maandagaand op Leeukop in Kaapstad verloof geraak.

Hulle is al jare lange sielsgenote, het hulle onlangs in ’n onderhoud in Huisgenoot vertel.

Die 31-jarige Schutte en 33-jarige Nel is al sewe jaar lank saam.

Schutte is onlangs op die Silwerskermfees vereer as die beste ondersteunende aktrise vir haar rol in Die seemeeu.

Die twee het ook al voorheen saamgewerk, in 2011 toe hulle man en vrou in die toneelstuk Dream Brother gespeel het.

Schutte is ook tans in Kasteel 2 op kykNET te sien.

Cintaine Schutte met haar verloofring. Foto: Instagram
Meer oor:  Carel Nel  |  Cintaine Schutte  |  Celebs  |  Verloof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.