Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Kyk hoe lyk Paltrow en Martin se appeltjie nou
Gwyneth Paltrow
Apple Blythe Alison, Gwyneth Paltrow en Chris Martin se oudste kind. Foto: Instagram/@gwynethpaltrow

Die aktrise Gwyneth Paltrow het ’n rare foto gedeel van haar en die sanger Chris Martin se eersteling.

Apple Blythe Alison het Maandag 14 jaar oud geword. Martin en Paltrow het in 2003 getrou maar in 2016 het hulle aangekondig dat hulle “bewustelik nie meer ’n paartjie is nie” en het geskei. Hulle het ook ’n seun, Moses (12).

Apple se eksentrieke naam het opslae gemaak toe sy in 2004 gebore is.

“Dit het soet geklink en het ’n pragtige prentjie by my geskep, appels is so soet en gesond en Bybels. Ek het net gedink dit klink so lieflik en skoon!” het Paltrow volgens Hello!aan Oprah Winfrey gesê oor die naam.

Paltrow het haar dogter Maandag geluk gewens en gesê dat Apple haar elke dag laat voel asof dit Kersfees is.

“Jy is die lewendigste, snaaksste jong vrou wat orals in die rondte draai en pragtig is van binne en buite. Jy is ’n ongelooflike denker en ’n ongelooflike liedjieskrywer. Dankie dat jy nog steeds met my tyd spandeer al is jy al 14,” het Paltrow aan haar dogter geskryf.

Volgens die tydskrif People is Paltrow tans druk besig om haar troue met Brad Falchuck te beplan.

Meer oor:  Gwyneth Paltrow  |  Chris Martin  |  Sterre  |  Sosiale Media  |  Sanger  |  Foto
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.