Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
KYK: Hollywood-paar maak PE-danssensasie beroemd

’n Jong danseres van Port Elizabeth se moderne danspassies het oornag die aandag van meer as 13 miljoen mense wêreldwyd getrek nadat die Hollywood-glanspaar Will en Jada Pinkett-Smith haar video op hul Instagram-profiele gedeel het.

Ivanah Campbell (6) van Hillside is ’n gr. 1-leerling aan die Young Park Primary School.

In die video dans Ivanah op ’n sypaadjie in Hillside op die maat van “Paga A Bebida Da Bela” van DJ BBoy.

Sy geniet haar gate uit voor die kamera terwyl sy haar vernuf wys met haar gunsteling-dansgenre, Freestyle.

Ivanah Campbell (6).Foto: Facebook

Pinkett-Smith het die video Sondag op Ivanah se Instagram-profiel raakgesien en dit met haar volgelinge gedeel. Ivanah se gesin bestuur haar Instagram-profiel.

Pinkett-Smith skryf hierby: “Hierdie meisie weet wat sy uit die lewe wil hê! Ek gaan nou verkeer soek . . . en dans!

Drie miljoen mense het op Pinkett-Smith se Instagram-profiel na die video gekyk. Smith het dit hiervandaan na sy Instagram-profiel gedeel, waar meer as tien miljoen mense dit gesien het.

Ivanah se Instagram-profiel het dadelik duisende aanhangers bygekry. Teen Dinsdag het sy al 163 000 volgelinge gehad.

Dit gons ook op Ivanah se Facebook-blad, Ivanah the Dancer, oor haar talent, waar meer as 142 000 mense haar volg.

Haar ouma Sandra Mejanie sê Ivanah en die familie is nog heeltemal oorweldig deur al die aandag, goeie wense en ondersteuning wat sy kry sedert mense na haar video’s begin kyk het.

Volgens Mejanie sou hulle nooit kon raai dat hul video’s soveel aandag sou trek nie, maar is hulle nietemin bly Ivanah se talent word raakgesien.

Mejanie vertel dat Ivanah al vroeg ’n natuurlike aanvoeling vir dans gehad het.

Die video wat Will en Jada Pinkett-Smith op hul Instagram-profiele gedeel het. Foto: Instagram

Sy het as tweejarige met ’n besoek aan Ratanga Junction in Kaapstad spontaan op die verhoog gespring en voor honderde mense gedans.

Mejanie sê haar kleinkind is sedert 2018 lid van die Portia Appolis Dance and Fitness Studio, waar haar talent geslyp word.

“Freestyle is haar gunsteling-dansvorm. Sy het vroeg al gesê ballet is vir haar te vervelig. Jy kan maar enige tipe musiek aansit en sy sal daarop dans.

“As gesin is ons bly Ivanah het ’n gesonde stokperdjie gekry en ons gaan seker maak sy verbeter haar talent.

“Ons wil seker maak sy bly plat op die aarde en dat sy weet haar skoolwerk kom eerste.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.