Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
KYK: Hulle dans vir Freddie by Heathrow

Heathrow-lughawe in Londen het gelyk soos 'n Queen-musiekvideo op die dag wat Freddie Mercury sy 72ste verjaarsdag sou vier. 

Voordat hy in 1970 die voorsanger van die Britse rockgroep, Queen, geword het, het hy by die lughawe gewerk en bagasie daar hanteer.

British Airways- en lughawepersoneel het die sanger se verjaarsdag verlede week op 'n opspraakwekkende wyse gevier.

Bagasiehanteerders is deur die choreograaf van Strictly Come Dancing afgerig om op Queen-treffers in die Terminaal 5 te dans.

Die video’s daarvan is wêreldwyd op die internet versprei.

Die lughawe het ook van sy liedjies op borde in die lughawe gewys en memorabilia verkoop.

’n Fliek wat ook Mercury se lewe vier, Bohemian Rhapsody, word in Oktober in Engeland vrygestel.

Hy is op 24 November 1991 aan longontsteking – ’n komplikasie aangebring deur vigs – dood.

Meer oor:  British Airways  |  Londen  |  Freddie Mercury
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.