Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
KYK: Kardashian-suster onthul sy het virus gehad

Die koronavirus is ’n werklikheid, het Khloé Kardashian van die bekende werklikheidsprogram Keeping Up with the Kardashians (KUWTK) gesê nadat sy onthul het dat sy die koronavirus opgedoen het en gevolglik ernstig siek was.

Die onthulling deur die TV-werklikheidster en mode-entrepreneur is deel van ’n promosievideo vir die nuwe seisoen van KUWTK, wat Woensdag bekendgestel is, berig USA Today.

In die video, wat Kardashian self opgeneem het waar sy in die bed lê, praat sy met ’n hees stem en bevestig sy het die virussiekte.

Volgens die tydskrif Time het ’n voorskou wat in September uitgereik is, gewys hoe Kardashian vir Covid-19 getoets word.

In die video beskryf sy haar simptome as ’n brandende hoes, braking, koue en warm gloede, asook hoofpyn, wat sy beskryf as selfs erger as die migraines wat sy soms kry.

Kardashian sluit die video af deur te sê: “Ons almal gaan hierdeur kom, biddend, en as ons die opdragte (regulasies) volg en luister, sal ons almal oukei wees.

“Mag God ons almal seën.”

CNN berig die episodes vir die nuwe seisoen is opgeneem voordat die gewilde familie in September aangekondig het dit sal ook die laaste seisoen van die reeks wees.

Intussen het Khloe se suster, Kim Kardashian West, onder hewige kritiek deurgeloop nadat sy hierdie week foto’s van haar 40ste verjaardagvieringe op ’n private eiland op sosiale media gedeel het.

Mense is van mening dit is ’n gespoggery en is onsensitief in ’n tyd wat die meeste mense wat ingeperk word weens die koronaviruspandemie nooit so iets sal kan bekostig nie. Mense het ook kapsie gemaak dat niemand op die foto’s van die partytjie ’n masker op het nie.

Kardashian West het egter by een van die plasings verduidelik dat sy haar “binnekring” met die besoek aan die eiland verras het, nadat sy hulle gevra het om vooraf vir Covid-19 getoets te word en vir twee weke in kwarantyn te gaan “sodat hulle vir net ’n kort oomblik kon voorgee dinge is normaal”.

View this post on Instagram

?? Girls just wanna have sun ??

A post shared by Kim Kardashian West (@kimkardashian) on

View this post on Instagram

?? Girls just wanna have sun ??

A post shared by Kim Kardashian West (@kimkardashian) on

Meer oor:  Kardashian
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.