Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
KYK: Karlien deel goeie nuus met spesiale ‘foto’

Karlien van Jaarsveld het Donderdag ’n foto op sosiale media gedeel van ’n sonar wat onlangs gedoen is.

Die sangeres het die vorige dag aangekondig dat sy 13 weke swanger is. Die babatjie sal in 2020 sy of haar opwagting maak.

Dit is haar vierde swangerskap.

Sy’s modelmooi, ’n gewilde sangeres en ’n raakvatt
Karlien van Jaarsveld. Foto: Willem Botha

Sy het reeds tweelingseuns, Daniël en Eliah (5), uit haar vorige huwelik met Derick Hougaard en ’n dogtertjie, Elah (2), saam met haar man, Joe Breytenbach.

Van Jaarsveld het ook in 2015 op 19 weke ’n miskraam gehad toe sy swanger was met ’n dogtertjie. Haar naam sou Evah wees.

Nou gaan sy en haar Joe weer ouers word.

Sy het op Instagram gesê hulle is baie opgewonde oor die nuwe baba wat op pad is.

“Alles lyk mooi gesond, en dis die meeste waarvoor mens kan vra. Ek voel baie geseënd om te kan swanger wees met ’n vyfde babatjie, dis so ’n groot wonderwerk elke keer!”

Van Jaarsveld het verder in haar plasing geskryf dat sy vir elke vrou bid wat ook graag ’n baba wil hê en sukkel om swanger te word.

“Ek bid dat jy God se stem sal hoor oor jou spesifieke pad met Hom en die kindertjies wie jy moet grootmaak. Of dit is deur self te baar, of aan te neem, mag jy God duidelik hoor en gehoorsaam,” sê sy.

Sy bedank almal vir hul geluk- en seënwense oor haar swangerskap.

Meer oor:  Karlien Van Jaarsveld  |  Vermaak  |  Swangerskap  |  Celebs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.