Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
KYK: Karlien en haar Elah gaan hart vermurwe
Karlien van Jaarsveld en haar dogter, Elah, vroeër vanjaar. Foto: Instagram/@karlienvanjaarsveld

Lag is die beste medisyne.

Só sê die Afrikaanse sangeres Karlien van Jaarsveld by ’n video op sosiale media waarin sy en haar krulkop-dogtertjie uitbundig speel en lag.

Van Jaarsveld het haar en haar man, Joe Breytenbach, se klein Elah Donderdag vermaak agter die verhoog by die Super Sokkie-konsert in die Sun Arena, Pretoria.

Die kind het omtrent geskaterlag.

Van Jaarsveld het die video onder meer op haar Facebook-blad en Instagram-rekening gedeel.

In die kommentare kan mense nie uitgepraat raak oor hoe skattig Elah is en hoe lekker sy lag nie. Mense het ook kommentaar gelewer dat Van Jaarsveld ’n goeie ma is.

In die video maak Van Jaarsveld of sy op Elah gaan sit.

Elah, Karlien van Jaarsveld en Joe Breytenbach se dogter. Foto: Instagram/@karlienvanjaarsveld

“Ek gaan op jou sit, ek gaan op jou sit,” sê sy herhaaldelik, soos sy bo Elah, wat op die vloer lê, staan en al laer tot op haar hurke afsak.

Dan weerklink Elah se lag.

In die kommentaar-afdeling op Facebook sê Pat Grobler:

“Liefie, jy is ’n wonderlike ma. Geniet elke oomblik. God bless.”

Natasha Natz Middleton sê die dogtertjie “lag omtrent uit haar magie”.

Op Instagram alleen is die video meer as 33 000 gekyk.

View this post on Instagram

Ek vermaak Elah backstage. Lag is die beste medisyne ??

A post shared by Karlien (@karlienvanjaarsveld) on

Meer oor:  Karlien Van Jaarsveld  |  Celebs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.