Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
KYK: Karlien se Elah glimlag in hospitaal

Die Afrikaanse sangeres Karlien van Jaarsveld het Maandagoggend ’n video van haar dogter Elah (16 maande) op Instagram geplaas waar sy in haar hospitaalbed lê.

Elah sou ’n vier uur lange operasie ondergaan het, maar Van Jaarsveld het Saterdag op Instagram geskyf die dokter kon nie die prosedure uitvoer nie.

Soos vroeër berig ly Elah aan porta-trombose en hipertensie.

In die video lê die vriendelike Elah met haar arms bo haar kop en waai en klap terwyl sy met haar tongetjie uit glimlag.

Soos Huisgenoot die naweek berig het, is Elah in Desember ook in die hospitaal opgeneem. Karlien het toe bekend gemaak dat Elah ’n bloedklont ontwikkel het in die aar wat bloed na haar lewer en ander noodsaaklike organe vervoer.

Karlien van Jaarsveld en haar dogter, Elah. Foto: Instagram/ KarlienVanJaarsveld

Elah is intussen weer opgeneem en die hoop was dat sy ná die operasie “uiteindelik gesond sou wees.”

Van Jaarsveld het Saterdag geskryf hoe verslae sy en haar man, Joe Breytenbach, is omdat hul “dogter oopgesny is . . . net om te sien dat die dr. niks vir haar kan doen nie”.

Van Jaarsveld sê in haar jongste inskrywing: “Stronger everyday! God is goed! Die sienlike kan mens rondgooi soos ’n klein gelowige dissipel op ’n boot waarop Jesus saam seil, maar al wat jy sien is die rowwe water en hoe hierdie moontlik gaan eindig.”

Van Jaarsveld sê sy het vergeet dat Jesus saam met haar in haar boot is, want haar fokus het geskuif en sy het bang geword oor wat sy met haar natuurlike oë kon sien en met haar natuurlike ore kon hoor.

“Dankie vir die nuwe perspektief, dankie dat U arm nooit te kort is om te help nie, met U regterhand red U ons uit. U kyk anders as ons.”

Van Jaarsveld sê God maak vir haar ’n weg en sy vertrou Hom.

Meer oor:  Elah  |  Hospitaal  |  Karlien Van Jaarsveld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.