Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
KYK: Karlien wys haar swangerskap-foto’s
Karlien van Jaarsveld poseer in ’n rok wat deur Anel Botha ontwerp is. Foto: Suna Roberts

Om haar kind te kan vertroetel kort ná sy geboorte sal ’n nuutjie vir die sangeres Karlien van Jaarsveld (34) wees, en sy sien baie daarna uit.

Al haar ander babas is vroeggebore en was eers vir ’n ruk in ’n broeikas.

Sy sê ma en baba is perdfris en gesond en daar word met groot opgewondenheid na sy geboorte uitgesien. Sy is nou 32 weke swanger.

“Ek voel amazing! Hierdie swangerskap is baie anders as al die ander. Ek en Johannes Samuel is veilig, gesond, en opgewonde om mekaar te ontmoet op die regte tyd!”

Johannes Samuel se geboorte sal volgens haar ook genesing bring vir haar en haar geliefdes. “Ons sien uit na dit wat hy in elkeen van ons sal kom herstel, en die herinnering wat hy sal terugbring van ’n tyd saam met God.”

Johannes Samuel is Van Jaarsveld en haar man, Joe Breytenbach, se tweede kind. Hulle het ook ’n tweejarige dogter, Elah.

Van Jaarsveld het ook ’n tweeling, Daniël en Eliah, saam met die voormalige Springbok-rugbyspeler Derick Hougaard.

Van Jaarsveld het haar swangerskapfoto’s met Netwerk24 gedeel.

Volgens Suna Roberts, haar fotograaf en vriendin, is die foto’s Woensdag geneem by The Parks, ’n venue vir fotosessies in Rosebank, Johannesburg.

“Ek doen nie fotografie vir ’n lewe nie. Dit is ’n passie en stokperdjie van my. Ek hou daarvan om foto’s te neem van my vriendinne. Ek is baie tevrede met Karlien se foto’s,” sê sy.

Van Jaarsveld se hare en grimering vir die fotosessie is ook deur Roberts gedoen.

Karlien van Jaarsveld. Foto: Suna Roberts
Karlien van Jaarsveld sê hierdie swangerskap voel baie anders as haar voriges. Foto: Suna Roberts
Karlien van Jaarsveld sien daarna uit om Johannes Samuel ná sy geboorte te kan vertroetel. Foto: Suna Roberts
Suna Roberts, Karlien van Jaarsveld se vriendin en fotograaf, sê die donker foto’s van Karlien skep ’n dramatiese gevoel. Foto: Suna Roberts
Karlien van Jaarsveld is byna 32 weke swanger met haar en haar man, Joe Breytenbach, se tweede kind.Foto: Suna Roberts
Karlien van Jaarsveld in ’n rok van Milk Maiden. Foto: Suna Roberts
Karlien van Jaarsveld en Johannes Samuel, haar baba, is perdfris en gesond. Foto: Suna Roberts
Die foto’s is geneem by The Parks, ’n venue vir fotosessies, in Rosebank, Johannesburg. Foto: Suna Roberts

Meer oor:  Karlien Van Jaarsveld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.