SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Celebs
Kyk: Kate struikel, maar William help
Catherine Donderdag met haar aankoms by die krisissentrum in Londen. Foto: Getty Images

Oeps! Prins William was Dinsdag die spreekwoordelike ridder op ’n wit perd toe hy sy hand uitgesteek het om te keer dat sy vrou val op pad na hul motor.

Op beeldmateriaal en foto’s lyk dit of Catherine, hertogin van Cambridge, se voet uit haar hakskoen geglip het en sy struikel . . . maar William se arm lig instinktief om sy vrou te help. Catherine lag en klim dan in die motor.

Die paartjie het ’n krisissentrum wat noodoproepe neem, besoek.

Hoewel Catherine dié keer skoene met ’n breër hak gedra het, het sy al ’n paar keer met hoëhakhofskoene aan iets vasgehaak.

Met ’n besoek aan die Ierse wag in 2013 het haar hak in ’n ysterplaat vasgesit. Sy het toe aan haar prins se arm vasgehou terwyl sy self haar hak losgewikkel het.

Kyk hier na die video van Catherine se amperse val.


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.