Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
KYK: Koningin ry sit-sit so

Koningin Elizabeth is Sondag afgeneem waar sy tuis by die Windsor-kasteel op die 14-jarige perd Balmoral Fern gery het terwyl Brittanje ook begin om sy inperkingsmaatreëls te verslap.

Die 94-jarige koningin is sedert die begin van die inperking tuis saam met haar eggenoot, prins Philip (98), berig Reuters.

Die monarg het ’n kleurvolle kopdoek, ’n tweedbaadjie, perdrybroek, wit handskoene en stewels aangehad. Die koningin is van haar hoofperdekneg, Terry Pendry, vergesel en hulle het deurentyd ’n gesonde afstand van mekaar gehandhaaf, berig Daily Mail.

BBC berig die laaste foto wat van die koningin geneem is, was toe sy op 19 Maart van Buckingham-paleis na haar Berkshire-tuiste geneem is. Een van haar corgi-hondjies, sy het twee genaamd Candy en Vulcan, kon saam met haar in die motor gesien word.

Die koningin het die dag voor haar beplande vertrek nog amptelike pligte verrig, maar het haar weeklikse vergadering met die premier, Boris Johnson, oor die telefoon gehou eerder as van aangesig tot aangesig soos gewoonlik.

Die koningin het gedurende die inperking twee seldsame televisietoesprake aan die land gemaak – die eerste was om die land te verseker dat die Covid-19-pandemie oorkom sal word en om te sê diegene wat tans ingeperk word, weer bymekaar sal kan uitkom, en die tweede was oor die 75ste herdenking van die einde van die Tweede Wêreldoorlog.

Meer oor:  Koronavirus  |  Koningin Elizabeth Ii  |  Inperking  |  Perdry
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.