Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
KYK: Kylie laat klere waai, soos net ’n Kardashian kan

Kim, Khloé en Kourtney Kardashian het dit al gedoen. Kendall Jenner het dit al gedoen. Ma Kris Jenner het dit ook al gedoen. En nou doen Kylie Jenner dit (wéér).

Kylie Jenner, die jongste suster in die Kardashian-Jenner-huishouding, het die klere vir Playboy se September-uitgawe laat waai.

Dit is nie die eerste keer dat dié suster kaal poseer nie.

Travis Scott en Kylie JennerFoto: Playboy

Jenner het ’n naakfoto van haar – oftewel halfnaak (as haar hoed as ’n kledingstuk tel) – saam met haar kêrel, Travis Scott, met haar 146 miljoen Instagram-volgelinge gedeel.

Scott sê op die Playboy-webtuiste dat Jenner sy beste vriendin is en dat hulle saam deur die moeilike tye in hul verhouding gegaan het en dit hulle net sterker gemaak het.

Travis Scott en Kylie Jenner het die klere laat waai.Foto: Instagram/ Kylie Jenner

Dié twee sal in die Pleasure Issue op 17 September 2019 verskyn.

Stormi Webster, hul dogtertjie, is al amper twee.

Die Kardashian-susters laat gereeld die klere waai.Foto: Instagram

Meer oor:  Kylie Jenner  |  Kardashians
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.