Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
KYK: Mamma Meghan is terug!

Meghan, hertogin van Sussex, het Saterdag – presies ’n maand nadat sy en prins Harry hul eersteling, Archie, vir die wêreld gewys het – weer in die openbaar verskyn.

Die geleentheid? Die jaarlikse Vaandelparade wat gehou word ter viering van koningin Elizabeth se amptelike verjaarsdag.

As monarg vier die koningin haar verjaarsdag twee keer. Op 21 April (sy het 93 geword), haar geboortedag, en op die Vaandelparade wat op die tweede Saterdag in Junie gehou word.

Prins Harry en Meghan, hertogin van Sussex, het saam met Camilla, hertogin van Cornwall, en Catherine, hertogin van Cambridge, na die Horse Guards-parade gereis.Foto: Getty Images
Meghan, wat haar kraamverlof onderbreek het om koningin Elizabeth se amptelike verjaarsdag te vier, is presies ’n maand gelede laas in die openbaar gesien toe sy en prins Harry hul eersteling, Archie, in die Windsor-kasteel aan die media bekend gestel hetFoto: Reuters

Meghan het saam met prins Harry in ’n koets van Buckingham-paleis af na die Horse Guards-parade gereis vir die Vaandeldagparade. Daarna sou hulle saam met die ander koninklikes terugkeer na die paleis vir die tradisionele verskyning op die paleis se balkon.

Hulle het die koets gedeel met Camilla, hertogin van Cornwall, en Catherine, hertogin van Cambridge. Meghan en Catherine het gesels terwyl die koets in die Mall van Buckingham-paleis na die Horse Guards-parade af beweeg het.

Archie sal heel moontlik aanstaande jaar, wanneer hy ’n jaar oud is, sy eerste verskyning op die balkon maak soos prins George en prinses Charlotte. Die koninklike kleingoed se debuut op die balkon is gewoonlik sodra hulle ’n jaar oud is.

Die Vaandeldagparade het sy oorsprong in die tradisionele manier van oorlogvoering. Vlae met die kleure van elke teenstander is verby die troepe gedra sodat die soldate hul eie vlagkleure kon sien en herken. Uit dié tradisie en parade op die Horse Guards-parade is daar in 1748 besluit om dié parade ook die amptelike viering van die monarg se verjaarsdag te maak.

Meghan het in ’n donkerblou pakkie haar plek in die koets langs haar man ingeneem. Foto: Reuters
Dit is die tweede keer dat Meghan die Vaandeldagparade bywoon. Dié parade is een van die hoogtepunte op die Britse koninklike familie se kalender. Foto: AP
Meghan sal ná Saterdag se verpligtinge haar kraamverlof hervat. Verlede jaar het ook Catherine, hertogin van Cambridge, haar kraamverlof onderbreek om die Vaandeldagparade by te woon. Foto: Reuters

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.