Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
KYK: Meghan hard aan die werk

Swangerskap laat Meghan, hertogin van Sussex, beslis nie op haar louere rus nie.

Die hertogin, wat nou ongeveer vyf tot ses maande swanger is, het vandeesweek ’n openbare verpligting in Londen bygewoon, maar dié verpligting is eers nadat dit reeds plaasgevind het op die koninklike hof se dagboek geplaas.

Kensingtonpaleis het Woensdagaand dié foto van Meghan, die hertogin van Sussex, op sosiale media geplaas. Die foto is Woensdag geneem toe die hertogin ’n gesprek oor hoër onderwys bygewoon het. Foto: Instagram/KensingtonRoyal

Meghan het Woensdag ’n geleentheid by die Kings College-Universiteit in Londen bygewoon waar universiteitsleiers, akademici en studente gepraat het oor hoe die wêreld deur hoër onderrig verbeter kan word.

Meghan het tydens haar en prins Harry se onlangse toer na Australië, Nieu-Seeland, Tonga en Fidji in laasgenoemde eilandkoninkryk ’n passievolle toespraak gelewer oor die belang van onderwys vir jong vroue.

Die paleis het Donderdag nóg ’n foto van Meghan by die geleentheid op sosiale media geplaas. Foto: Instagram/KensingtonRoyal

Op die foto’s wat Kensingtonpaleis op sosiale media gedeel het, sit die hertogin diep in gedagte met ’n pen in die hand.

Meghan handhaaf geensins ’n laer mediaprofiel sedert die gesssinge dat sy en Catherine, hertogin van Cambridge, verlede Kersfees ’n woordewisseling gehad het.

Sy en prins Harry het Dinsdagaand ’n Kerssangdiens in Londen ter ere van ’n ou skoolvriend van die prins bygewoon. Meghan het op dié Kerssangdiens ’n voorlesing gedoen.

Die 37-jarige hertogin het Maandagaand ook ’n boekbekendstelling van Michelle Obama se boek, Becoming, in Londen bygewoon. Die hertogin het ná die boekbespreking ongeveer ’n uur lank met die Amerikaanse oudpresidentsvrou gesels. Hulle deel ’n passie om opvoeding onder jong meisies te bevorder.

Meghan en prins Harry sal Kersfees saam met die res van die koninklike gesin in Sandringham deurbring. Die paartjie sal, na berig word, ook oor die Kerstyd by Catherine en prins William in hul woning op die Sandringham-landgoed tuisgaan.

Meer oor:  Meghan  |  Koninklikes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.