Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
KYK: Meghan pronk in kobaltblou

Haar styl-panache ken geen einde nie. Meghan, hertogin van Sussex, skitter in ’n skemerkelkrok tot ’n aandpak.

Dié kobaltblou rok deur Jason Wu was ’n treffer. Die hertogin se blink haredos was los gekrul. Sy het net diamantoorbelle en haar verloofring en trouring as juweliersware gedra. Foto: Getty Images
Die rok se interessante detail met plooie het die illusie van meer rondings aan die plankdun hertogin geskep. Foto: Getty Images
Prins Harry en Meghan, hertogin van Sussex, het ’n konsert ter ere van die honderdste herdenking van die einde van die Eerste Wêreldoorlog in Westminister, Londen, bygewoon. Soos gewoonlik het die paartjie hande vasgehou toe hulle by die konsert aankom. Foto: WireImasage
Prins Harry en Meghan, hertogin van Sussex, ontmoet gaste wat die konsert in Westminster, Londen, bygewoon het.Foto: Getty Images
Die rok se plooi-detail voor is ongewoon. Die rok is houte couture en nie algemeen beskikbaar nie. Foto: WireImage
Meghan, hertogin van Sussex, het weer haar handsak van Dior gedra. Haar pragtige verloofring en trouring van Walliese goud kan in detail op dié foto gesien word. Foto: WireImage
Meghan, hertogin van Sussex, het met dié nuwe hoëhakskoene van Aquazzura met kristalversierings om die bandjie nie nodig gehad om sykouse te dra nie. Foto: Getty Images
Prins Harry het self die deur vir sy vrou oopgemaak toe hulle ná die konsert die saal in Westminister verlaat het. Foto: WireImage
Meghan, hertogin van Sussex, het Dinsdagaand haar gebruiklike informele bolla gedra en ’n swart pak toe sy saam met prins Harry die WellChild-toekennings in die Royal Lancaster-hotel in Londen bygewoon het. Foto: Getty Images
Meghan, hertogin van Sussex, het met die WellChild-toekennings weer soos in haar dae as aktrise verskeie ander ringe ook gedra. Foto: Getty Images
Meghan, hertogin van Sussex, het einde Augustus die oë laat rek toe sy met dié swart mini-tuxedo-rok ’n musiekblyspel saam met prins Harry in Londen bygewoon het. Foto: Getty Images

Meer oor:  Meghan Hertogin Van Sussex  |  Prins Harry  |  Celebs  |  Modestyl  |  Koninklikes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.