Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
KYK: Meghan se 2019

Meghan, die hertogin van Sussex, geniet tans ’n lang breuk weg van die kollig. Sy, prins Harry en hul eersteling, Archie, kuier vermoedelik in ’n onbekende bestemming saam met Meghan se ma, Doria Ragland.

Archie is op 6 Mei vanjaar gebore. Harry en Meghan het sy geboorte so privaat moontlik probeer hou en die wêreld eers twee dae later ’n skrams kykie van hul eersteling gegee.

In September vanjaar kon Suid-Afrika eerste Archie Harrison Mountbatten-Windsor van nader sien. Die kleinding het saam met sy ouers emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu in Kaapstad ontmoet.

Dit was ook tydens dié koninklike toer dat Harry hul regsoptrede teen ’n paar Britse koerante aangekondig het. ’n Paar weke ná die toer het die paartjie in ’n dokumentêre program gepraat oor hul stryd in die openbare kollig en dat hulle kwesbaar voel.

Nie lank daarna nie is aangekondig die Sussex’e gaan ses weke lank uit die openbare kollig vakansie hou en ook die tradisionele Kersfeesvieringe saam met ander senior koninklikes in Sandringham misloop.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.