Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
KYK: Meghan sien weer haar trourok in nuwe dokkie

Die verwondering waarmee sy aan haar geborduurde sluier raak, is duidelik op Meghan, hertogin van Sussex, se gesig te sien. “53 lande, dit gaan ons besig hou,” sê sy in haar sagte Kanadese aksent voordat die kamera van haar gesig wegdraai.

Dié kykie op die oomblik toe Meghan met haar Givenchy-trourok en geborduurde sluier herenig is, is te sien in ’n voorskou van ’n ITV-dokumentêr oor koningin Elizabeth II en die Statebond getiteld Queen of the World.

Die nasionale blom van die 53 Statebondslande kan gesien word op die sluier van Meghan Markle waar sy die trap opstap na die St. George-kapel in die Windsor-kasteel. Foto: Getty Images

Die dokumentêr belig die koningin se jare lange rol in die Statebond, die grootste nalatenskap van haar heerskappy, en hoe jonger lede van die gesin nou dié taak by haar oorneem.

Meghan het juis die nasionale blom van elk van die 53 Statebondslande op die sluier laat borduur.

Die meester-borduursters moes elke 30 minute hul hande was om dié sluier silwerskoon te hou.

In dieselfde dokumentêr is ’n glimlaggende prins Harry te sien waar hy met ’n groep mense praat en sê hulle moenie paniekerig raak as hulle in sy ouma vasloop nie, want tot hy word nog onverhoeds betrap as hy haar in die gange van die paleis raakloop.

Hy en Meghan is kort voor hul troue deur die koningin as jeugambassadeurs vir die Statebond aangewys. Hulle onderneem juis in Oktober hul eerste toer na die Statebondslande Fidji, Tonga, Nieu-Seeland en Australië as ’n getroude paartjie. Harry het sy ouma in vele Statebondslande verteenwoordig.

Die sluier was 5 m lank. Die borduurders moes elke halfuur hul hande was om dit silwerskoon te hou. Foto: Getty Images

Die program, wat op 25 September in Brittanje uitgesaai word, bied ongekende toegang tot die koningin en senior koninklikes. Dit is ook die eerste dokumentêre program oor die koninklikes waarin Meghan haar verskyning maak.

Benewens die nasionale blomme is nog twee blomme op die sluier geborduur: die Engelse “wintersweet” wat in Meghan en Harry se tuin by die Kensington-paleis groei, en die Kaliforniese papawer, ’n verwysing na die Amerikaanse deelstaat waarin sy gebore is.

’n Uitstalling van Meghan se trourok, asook Harry se uniform wat hy op die troue aangehad het, sal binnekort in Windsor-kasteel en later in Holyrood-paleis in Edinburg te sien wees.

Toe Catherine, hertogin van Cambridge, se trourok in Buckingham-paleis uitgestal is, het die koningin Catherine vergesel en opgemerk die koplose mannekyn met die sluier op geval haar nie.

Die fyn borduurwerk kan op die sluier gesien word waar Meghan in die St. George-kapel in Windsor instap. Foto: Getty Images

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.