Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
KYK: Meghan, wat steek jy weg onder daardie rokkie?

Is Meghan, die hertogin van Sussex, swanger?

Dít is die vraag wat selfs beroepswedders in Brittanje daartoe genoop het om weddenskappe af te skaal dat Meghan en prins Harry volgende jaar ’n baba ryker sal word.

Daar is al selfs kort ná die troue in Mei gegis dat die twee swanger is nadat hulle tydens die preek vir mekaar geglimlag het toe daar melding gemaak is van kinders.

Meghan se kobaltblou rok het die swangerskap-gissings weer laat opvlam. Die geplooide detail voor is vertolk as Meghan se manier om ’n babamagie te versteek.

Die rok wat die swangerskap-gissings laat opvlam het. Meghan, hertogin van Sussex, kom verlede week in Londen by ’n geselligheid aan.Foto: WireImage

Die moontlikheid dat Meghan reeds swanger is, is skraal omdat sy en Harry in Oktober na Fidji en Tonga reis. Swanger vroue word aangeraai om nie na lande te reis waar die Zika-virus voorkom nie. Die Zika-virus word deur ’n besmette muskiet versprei en lei tot die geboorte van babas met misvormde koppe.

Berigte dat Meghan se ma, Doria Ragland, ook reeds baba-oppasserklasse neem vir die koms van haar eerste kleinkind, het die swangerskap-gissings verder aangevuur.

Sulke gissings sal kort-kort opvlam, maar koninklike swangerskappe word amptelik deur die Kensingtonpaleis bevestig, gewoonlik nadat die swangerskap reeds twaalf weke gevorder het.

Catherine, hertogin van Cambridge, se swangerskappe met al drie haar kinders is vroeër aangekondig omdat sy aan ’n erge vorm van oggendnaarheid ly en gehospitaliseer moet word sodra sy swanger is.

Meer oor:  Meghan Hertogin Van Sussex  |  Prins Harry  |  Koningklikes  |  Celebs  |  Vermaak  |  Swangerskap
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.