Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
KYK: Miljoene rande vir Dylan se ou kitaar

Die kitaar waarop Bob Dylan gespeel het in die Concert for Bangledesh in 1971 by Madison Square Garden in New York en in sy Rolling Thunder Revue-toer tussen 1975 en 1976 is vir $396 000 (sowat R5,7 miljoen) opgeveil.

Volgens die musiektydskrif Rolling Stone het ’n anonieme koper dié aardige bedrag vir die folkmusikant se 1963 Martin D-28 akoestiese kitaar betaal.

Luidens Associated Press het Larry Cragg, Dylan se kitaarwerktuigkundige, die kitaar opgeveil.

Die 1963 Martin D-28 akoestiese kitaar wat Bob Dylan gebruik het vir die Concert for Bangledesh. Foto: AP

Cragg het in 1977 die kitaar vir $500 by Dylan gekoop. Die oorspronklike kwitansie is by die kitaar ingesluit.

“Volgens Cragg is die kitaar, met los snare, in ’n kamer gestoor waar die humiditeit beheer is vir die 40 jaar wat hy dit besit het. Dit is sedert Dylan laas in 1977 daarmee gespeel het nie, gebruik nie,” het die veilingshuis, Heritage Auctions, van die kitaar gesê.

Dylan het in 1977 besluit om uitsluitlik met Gibson-kitare te speel, waarna hy die kitaar aan Cragg verkoop het.

Volgens Rolling Stone is Dylan se Fender Stratocaster van die Newport Folkfees van 1965 in 2013 vir die rekordbedrag van $965,000 verkoop.

Meer oor:  Veiling  |  Bob Dylan
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.