Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
KYK: Nádine kry weer ’n ander vuurwa

Net vier maande nadat die sangeres en TV-aanbieder Nádine ’n nuwe Lexus NX200 gekry het, ruil sy hom in vir ’n nuwe stel wiele.

Nádine vroeër by die Lexus NX200 wat sy nou ingeruil het vir ’n Mercedes-Benz. Foto: Facebook

In ’n bemarkingsvideo wat Nádine op haar Facebook-blad geplaas het, lyk sy baie ingenome met haar nuwe, oftewel gebruikte, Mercedes-Benz GLC 220d.

“Ek is mal oor ’n dieselkar, en dis ’n viertrekvoertuig wat lekker op die lang pad kan ry,” sê Nadine in die video.

“Ek is nou ’n bietjie minder hartseer oor die Lexus,” voeg sy by. “Die kar is terug op die vloer, so jy kan vir jou die kar wat ek gery het, koop.”

In die video stap Nádine, of Nellies, soos haar kêrel, Derick Hougaard, haar noem, deur ’n hele saal vol motors tot by die een wat nou hare is.

Meer oor:  Nádine  |  Mercedes-Benz Glc 220D  |  Lexus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.