Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Kyk net wie is verloof!

Met prentjiemooi berge in die agtergrond trek hy skielik sy baadjie uit. Sy wonder waarmee hy besig is. Hy neem haar hande en die opgewondenheid is stralend op dié geliefdes se gesigte.
Hykie Berg steek die ring aan Gerridene de Vries, sy voornemende bruid, se vinger by die Moditlo River Lodge in Hoedspruit. Foto: Hykie Berg Public Page/Facebook

Hykie Berg, Binnelanders se dr. Conrad Bester, buig dan die knie voor Gerridene de Vries wat trane afvee. Berg haal die ring uit die kissie en die twee giggel soos hy na sy knieë wys.

Berg het Sondagoggend video’s en foto’s van dié oomblik by die Moditlo River Lodge in Hoedspruit op die sosialemediaplatforms Instagram en Facebook geplaas.

“En dit is ’n dawerende JA! Net soos die berge Jerusalem omring, so omring die Here Sy mense, nou en vir altyd! Psalm 125 v 2,” skryf Berg by een van die plasings op Instagram, waar hy op video op sy knieë sak.

Die voornemende bruid het ook die nuus op Instagram gebreek. Sy sê dit sink nog in.

“Omring deur die pragtige Groot Vyf, ongelooflike sonsondergange en die groot magtige berge om ons!”

Hykie Berg en Gerridene de Vries met hul verlowing. Foto: Hykie Berg Public Page/Facebook
Die verloofring wat Hykie Berg aan Gerridene de Vries se vinger gesteek het. Foto: @gerridene_dv/Instagram

Sy het ook na Psalm 125:2 verwys.

Gelukwensings oor dié trouklokke stroom in op sosiale media. Sy kollegas by

Binnelanders deel ook in sy blydskap.

Cindy Swanepoel, Annelize Roux in dié sepie wat ook dr. Bester se eksmeisie is, het op Instagram laat hoor: “Woohooo!

Congrats julle beauts!”

Ramey Short, bekend as dr. Quentin Meyer in die kykNET-sepie, skryf: “

Congrats julle 2! Mag dit ’n onvergeetlike journey wees vorentoe! Julle al 2 lyk baie gelukkig en dis wat saak maak!”

Clint Brink, wat dr. Steve Abrahams vertolk, sê dit is ’n vreugdevolle geleentheid.

Die vervaardiger Cobus van den Berg en die Christelike skrywer Gretha Wiid het die paartjie ook gelukgewens.

Dit sal Berg se tweede huwelik wees. Hy en Melissa Jacobs is verlede jaar ná ’n huwelik van ses jaar geskei.

* Hou Netwerk24 dop vir meer inligting.

View this post on Instagram

En die antwoord was....

A post shared by Hykie Berg (@hykieberg) on

View this post on Instagram

Ok dit lyk goed, dit lyk GOED!!!

A post shared by Hykie Berg (@hykieberg) on

Meer oor:  Hykie Berg  |  Hoedspruit  |  Verlowing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.