Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
KYK: Nuwe Mej. SA-finaliste deel soene uit vir jou
Die top-16 finaliste in vanjaar se Mej. Suid-Afrika skoonheidskompetisie is Donderdag by MultiChoice in Randburg aangekondig. Hulle is voor van links: Kgothatso Dithebe (Centurion), Lisa Stoffela (Margate), Zozibini Tunzi (Tsolo), Loren Leigh Jenneker (Centurion), Keabetswe Kanyane (Mobapane), Eloïse van der Westhuizen (Kaapstad). In die middelste ry staan: Errin Brits (Randparkrif), Danielle Wallace (Umhlanga), Chuma Matsaluka (Nyanga), Noluthando Bennett (Krugersdorp) en Beulah Baduza (Pretoria). Agter is Sasha-Lee Olivier (Alberton), Xia Narain (Chatsworth), Zanele Phakathi (Soweto), Sibabalwe Gcilitshana (Nqamakwe) en Nompumelelo Maduna (Soweto). Slegs een mej. SA en ’n naaswenner word vanjaar aangewys. Vir die eerste keer neem ’n openlik gay-vrou, Gcilitshana, deel asook ’n vrou (Dithebe) wat nie haar geboortevlek versteek nie. Mej. SA word op Vrouedag, 9 Augustus by die Sun Arena in Pretoria gekroon. Dit word regstreeks op M-Net (101) en Mzanzi Magic (161) op DSTV uitgesaai. Foto: Felix Dlangamandla
Meer oor:  Mej. Sa  |  Finaliste  |  Skoonheidskompetise  |  Vermaak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.