Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
KYK: Nuwe Spacey-fliek ’n ‘volslae ramp’

Kevin Spacey se splinternuwe fliek, Billionnaire Boys Club, het uiters vrotsig gevaar op sy openingsaand by die loket en het net minder as R2 000 verdien.

Volgens www.news.com.au het die fliek ’n skamele $126 (omtrent R1 838) ingebring.

Dit is die Hollywood-akteur se eerste verskyning op die silwerdoek sedert talle aantygings van seksuele teistering deur ander mans teen hom aan die lig gekom het.

Die fliek is op die openingsaand slegs in tien teaters in Amerika vertoon.

The Hollywood Reporter berig dat dié misdaaddrama, wat handel oor ’n groep ryk jong mans wat betrokke raak by ’n Ponzi-skema in Los Angeles in die 1980's, as ’n volslae ramp beskou kan word.

Dit is ondanks ’n indrukwekkende rolverdeling met akteurs soos Judd Nelson, Ansel Elgort, Emma Roberts en Taron Egerton.

Spacey (59), wat in die verlede met twee Oscars bekroon is, speel slegs ’n klein rolletjie in die Billionaire Boys Club.

Sy vorige fliek, Baby Driver, het $20,5 miljoen (ongeveer R292 miljoen) op sy openingsaand by die loket verdien.

Die organiseerders van die bekroonde Emmy-toekennings het kort ná die aantygings teen Spacey verlede jaar gesê dat hulle ’n spesiale eerbewys aan die akteur terugtrek in die lig van die gebeure.

Meer oor:  Vermaak  |  Kevin Spacey  |  Flieks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.