Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
KYK: Oe-la-la! Rihanna steek loopplank aan die brand!

Die gewilde sangeres Rihanna het die afgelope week hulde gebring aan vroue van enige vorm, kleur en grootte toe sy haar Savage X Fenty-onderklerereeks op die New Yorkse modeweek in Brooklyn bekend gestel het.

Rihanna het almal met haar sexy en verleidelike uitrustings beïndruk, waarvan sommige nie veel aan die verbeelding oorgelaat nie. Haar boodskap was duidelik – niks keer vroue om altyd op hul mooiste te lyk nie!

Die supermodel-susters Bella en Gigi Hadid saam met die sangeres Rihanna (middel) by die bekendstelling van haar Savage X Fenty-onderklerereeks in New York. Foto: Getty Images
Rihanna glimlag vir die kameras. Sy het modelle van alle lengtes, kleure en groottes op die loopplank ingesluit om haar onderklerereeks bekend te stel. Foto: Getty Images
Die model Slick Woods, het met haar bababoepie aan die modevertoning vir Rihana se onderklere deelgeneem. Foto: Getty Images
Gigi Hadid smeul in ’n tweestuk wat met valletjies en blomme versier is. Foto: Getty Images
Modelle met ’n voller figuur is ook ingespan vir die bekendstelling van die eina-kleertjies van sy en satyn. Foto: Getty Images
Gemeet aan van die ander uitrustings was dié klein swart nommertjie heel kuis. Foto: Getty Images
Sportiewe en gemaklike onderklere soos dié bra en jogabroek maak toe wat moet toe en beklemtoon waarmee gespog kan word. Foto: Getty Images
Bella Hadid met ’n snoesige ysblou kamerjapon oor haar skouers gedrapeer, die ysblou tema is tot in haar haartooisel herhaal. Foto: Getty Images
Dié olyfkleurige eenstuk is gemáák vir ’n diepbruin vel én gemaak met ’n baie, baie lae rug. Foto: Getty Images
Selfs vir vroue wat nie by Dolly Parton kan kers vashou nie, is die boodskap dat hulle bates steeds prettig in pienk opgetooi kan word. Foto: Getty Images

Meer oor:  Loopplank  |  Rihanna
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.