Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
KYK: Onmin oor Mej. SA ‘spesiale behandeling’ kry

Daar het Woensdag ongelukkigheid op sosiale media, veral op Twitter, geheers nadat Mej. SA, Shudu Musida van Limpopo, haar graad van die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) in Johannesburg ontvang het.

Musida, die Mej. SA-organisasie en die universiteit het Dinsdag ’n reeks foto’s en video’s geplaas van Musida in haar swart toga en haar Mej. SA-kroon op haar kop waar sy haar graad van die visekanselier van die universiteit ontvang.

Beskuldigings word nou rondgeslinger dat Musida, wat haar honneursgraad in internasionale betrekkinge ontvang het, “spesiale behandeling kry” en dat sy bevoorreg is bo ander studente wat tevrede moes wees met ’n aanlyn gradeplegtigheid.

“Waarom het Mej. SA ’n fisieke gradeplegtigheid gehad en ander Wits-gegradueerdes nie?” vra een persoon.

“So, ek moes tevrede wees om my naam te lees op ’n vooraf opgeneemde video, maar sy kan die visekanselier ontmoet en haar toga dra?” het iemand anders gesê.

mpho

Verskeie Twitter-gebruikers het Musida egter verdedig en gesê mense moenie vir haar kwaad wees nie, want die universiteit het haar genooi om die visekanselier, prof. Zeblon Vilakazi, te ontmoet en sodat sy ’n onderhoud met hom kan voer.

“Is julle nou regtig ontsteld dat julle nie dieselfde behandeling kry as Mej. SA nie? Julle vra letterlik hoekom Mej. SA soos Mej. SA behandel word,” het een gebruiker opgemerk.

Die Mej. SA-organisasie het Woensdag aan Netwerk24 gesê Musida hét aanlyn deelgeneem aan die virtuele seremonie in haar woonstel in Sandton, saam met die ander studente wat ook gegradueer het.

“Sy is later na ’n ontmoeting met die visekanselier genooi.”

sevim

Die organisasie wou nie verder kommentaar lewer oor die kritiek nie.

Musida self het ook op Instagram geskryf: “Ná my virtuele gradeplegtigheid Dinsdag het ek die geleentheid gehad om ’n onderhoud te voer met prof. Vilakazi en natuurlik het ek in my gradueringsdrag gegaan. Hierdie pandemie het gelei tot moeilike tye en onsekerheid vir almal. Aan alle studente wat moes volhard, selfs in die moeilikste tye . . . phambili (vorentoe). Baie geluk aan die klas van 2020.”

Musida het ook ’n graad in die filosofie, politiek en ekonomie aan die Universiteit van Pretoria verwerf.

Vilakazi wou weet wat haar siening oor geestesgesondheid is en meer uitvind oor die inisiatiewe wat sy tydens haar tyd as Mej. SA aanpak, lui ’n verklaring van die organisasie.

Musida neem op 16 Desember vanjaar deel aan die 70ste Mej. Wêreld-kompetisie, wat in San Juan, Puerto Rico, gehou word.

Sy hoop om in die voetspore van Rolene Strauss te volg, wat dié titel in 2014 verower het.

Meer oor:  Johannesburg  |  Mej. Sa  |  Gradeplegtigheid  |  Wits  |  Shudu Musida
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.