Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
KYK: Pragfoto’s vier Harry en Meghan se 1ste herdenking

Pragtige agter-die-skerms-foto’s van prins Harry en Meghan Markle se troue ’n jaar gelede is Sondagmiddag op die Sussex-paartjie se Instagram-rekening geplaas ter viering van hul eerste huweliksherdenking.

Prins Harry en sy vrou, Meghan, hertogin van Sussex, vier Sondag hul eerste huweliksherdenking. Hulle is op 19 Mei 2018 in die St. George-kapel in Windsor getroud. Foto: Getty Images
Duisende mense het in die Long Walk gewag om ’n blik van die prins en sy vrou te kry. Foto: Getty Images

In die reeks swart-en-wit-foto’s kan onder meer gesien word hoe Harry en Meghan, die hertog en hertogin van Sussex, die huweliksregister teken. Die foto’s word in ’n kort video saamgevoeg met ’n dankie-sê-boodskap aan al hul ondersteuners. As agtergrondmusiek vir die kort video is This Little Light of Mine gebruik.

Die insluit van ’n foto van Harry en sy ouer broer, prins William, sal moontlik ook gissinge oor onmin tussen die twee broers weerlê. Daar is ook ’n roerende foto van Meghan wat haar ma, Doria Ragland, se hand vashou – weer eens ’n bewys dat Doria nie op die agtergrond geskuif gaan word nadat haar dogter ’n lid van die koninklike familie geword het nie. In vorige jare het die ouers van diegene wat in die familie ingetrou het, amper in die niet verdwyn.

Doria is ook ingesluit op die amptelike foto waarin Archie, hul eersteling, vir die eerste keer saam met sy ouma- en oupagrootjie, koningin Elizabeth en prins Philip, verskyn.

Meghan het as’t ware ’n warrelwindjaar gehad.

Die troue op 19 Mei verlede jaar in Windsor is gevolg deur ’n vol dagboek, onder meer ’n toer in Oktober na Australië, Nieu-Seeland, Tonga en Fidji.

Meghan se swangerskap is met die aanvang van die toer aangekondig.

Meghan het ’n druk openbare program gehandhaaf tot begin Maart, maar steeds in privaatheid afsprake nagekom.

Archie is op 6 Mei gebore. Prins Harry het dae ná sy seun se geboorte weer in die openbaar verskyn. Hy was Saterdag ook saam met ander koninklikes by die troue van lady Ella Windsor.

Harry en Meghan se troue verlede jaar is deur miljoene mense op televisie gevolg. In Windsor het duisende mense in dié koninklike dorpie se strate en in die Long Walk saamgedrom om die prins en sy vrou te sien.

Een van die foto’s wat in die Instagram-plasing gebruik is. Foto: Instagram/SussexRoyal
Meghan teken die huweliksregister. Foto: Instagram/SussexRoyal
Nóg een van die foto’s wat Sondagmiddag op die Sussex-paartjie se Instagram-profiel gelaai is. Foto: Instagram/SussexRoyal


Meer oor:  Hertogin Van Sussex  |  Meghan  |  Prins Harry  |  Herdenking  |  Britse Koninklikes  |  Troue
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.