Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
KYK: SA bekendes maak snaakse video oor inperking
Die sanger Emo Adams kyk vir die kamera in ’n gedeelte van die video terwyl sy vrou, Michelle, die kinders op die agtergrond probeer rustig hou.
Early B voor sy rekenaar terwyl hy sing dat die internet nie werk nie.

’n Groep Suid-Afrikaanse bekendes, onder wie die Glam Guru Hannon, kunstenaars soos Emo Adams en Early B en die TV-aanbieder Vanes-Mari du Toit (Proudfoot) het saamgewerk om ’n musiekvideo oor isolasie en die inperkingstyd te maak wat deur kykNET vervaardig is.

In die video sing hulle op die deuntjie van Al Debbo se liedjie “Sonbrilletjies”. Die woorde is aangepas om humoristies te verwys na dit wat hulle gedurende die inperking doen.

Party skrop die badkamer, hardloop om die huis, braai en kruip selfs in die stort weg om die kinders te vermy.

Adams streel in ’n gedeelte van die video ’n speelgoedperd, terwyl sy vrou, Michelle, die kinders op die agtergrond probeer rustig hou.

Early B skeer gek met die eier-uitdaging en sing “te min drank was ’n mistake, nou moet ek eiers sit en suip”.

Du Toit staan by ’n klomp wynbottels en sing “o ja, ek cope”.

Sy het die video op Instagram gedeel en talle aanhangers is gaande daaroor.

“Ek is trots op my taal!” het die een persoon laat hoor. “Dit is vrek oulik. Ek is mal daaroor,” sê ’n ander.

Meer oor:  Bekendes  |  Video  |  Koronavirus  |  Inperking  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.