Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
KYK: SA bekendes pragtig in pienk

Saterdag was ’n sonnige dag in die Paarl waar die Pink Polo vir die tiende keer op die Val de Vie-landgoed gehou is.

Talle Suid-Afrikaanse bekendes het die geleentheid, wat fokus op bewusmaking van borskanker, bygewoon.

Die geleentheid word beskryf as ’n hoogtepunt op die Wes-Kaapse kalender waar gaste ’n dag in die skilderagtige wynlande vol pienk blomme kan deurbring en sjampanje kan geniet.

Van die bekendes wat Saterdag gesig gewys het, sluit in die swemmer Ryk Neethling, nou bemarkingsbestuurder vir die landgoed, die voormalige Mej. SA Tamaryn Green en die aktrise Leandie du Randt.

Rolene Strauss, ’n voormalige Mej. Wêreld, het ook die geleentheid gebruik om die geslag van haar baba bekend te maak. Sy verwag nog ’n seuntjie.

Strauss en die akteur Nico Panagio was die aanbieders by die geleentheid en het in ’n helikopter hul opwagting gemaak.

Kyk hier na al die bekendes se uitrustings:

Aktrise Simoné Nortmann en haar man, Andries Pretorius, tussen pienk ballonne. Foto: Instagram
Die kleur van Rolene Strauss se gordel het die geslag van haar baba verklap. Sy sou of ’n pienk of ’n bloue gedra het. Sy het aangekondig sy verwag ’n seuntjie.Foto: Instagram
Mnr. SA Heinrich Gabler en sy meisie, Anneke Hamman.Foto: Instagram
Die aktrise Leandie du Randt sê op Instagram haar hoed het byna weggewaai toe die foto geneem is.Foto: Instagram
Model en TV-aanbieder Minki van der Westhuizen het haar uitrusting met ’n sambreeltjie afgerond.Foto: Instagram
Radio- en TV-aanbieder Tracey Lange sê op Instagram nie eers die wind kon die uitrusting bederf nie.Foto: Instagram
Voormalige Mej. Heelal Tamaryn Green.Foto: Instagram
Akteur Nico Panagio.Foto: Instagram

Meer oor:  Pink Polo
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.