Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
KYK: Seksklag teen Kevin Spacey laat vaar

Staatsaanklaers in die Amerikaanse deelstaat Massachusetts het Woensdag ’n strafregtelike klag van onsedelike aanranding teen die akteur Kevin Spacey (59) laat vaar nadat die man wat hom verkla het geweier het om te getuig.

Spacey is daarvan beskuldig dat hy die man, wat destyds 18 jaar oud was, seksueel by ’n kroeg in 2016 aangerand het.

Die staatsaanklaers sê hulle het besluit om die klag teen Spacey terug te trek nadat die klaer aangedui het dat hy sy swygreg wil gebruik. Dié wysiging tot hul grondwet beskerm Amerikaners wanneer hulle hulself moontlik kan inkrimineer.

Spacey se prokureurs het die klaer voorheen daarvan beskuldig dat hy SMS-boodskappe van sy selfoon af verwyder het wat in Spacey se guns sou kon tel.

Die man het ook sy swygreg gebruik toe daar in ’n verhoor gevra is waar sy selfoon is.

Die klaer het Spacey van seksuele aanranding beskuldig nadat ’n ander akteur gesê het dat Spacey hom byna 30 jaar gelede, toe hy 14 was, probeer verlei het.

Spacey is 'n Oscar-wenner en is bekend vir sy toneelspel in die rolprente American Beauty, The Usual Suspects en die TV-reeks House of Cards. – Reuters

Meer oor:  Kevin Spacey
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.