Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
KYK: Sterre (én hond) wen People’s Choice-pryse

Die rolprent Avengers: Endgame, die Netflix-reeks Stranger Things en die Suid-Koreaanse vrouegroep Blackpink het Sondagaand met drie pryse elk die meeste pryse by die E! People’s Choice Awards gewen.

Die pryse word jaarliks in vier oorhoofse kategorieë – rolprente, TV, musiek en popkultuur – uitgedeel, en die wenners is oudergewoonte weer deur die publiek beslis.

Die aktrise Jennifer Aniston is tydens die prysuitdeling in Santa Monica in die Amerikaanse deelstaat Kalifornië met die People’s Icon-prys vir haar lewenswerk vereer.

“As ek enigsins kan aanspraak maak op die woord ‘ikoon’, is dit net omdat ek met ’n ikoniese haarsnit in ’n ikoniese TV-reeks met ’n ikoniese rolverdeling was,” het Aniston met verwysing na die TV-reeks Friends gesê. Sy het van 1994 tot 2004 die rol van Rachel Green in dié reeks vertolk.

Friends was werklikwaar die geskenk van ’n leeftyd, en ek sou nie hier gestaan het sonder dié ongelooflike TV-reeks nie, sonder die vyf ander ongelooflike akteurs nie, en sonder ’n gehoor wat ons vir ’n dekade ondersteun het nie.”

Benewens die sangeres Gwen Stefani wat met die Fashion Icon-prys vereer is, het die sanger Pink die People’s Champion-prys gewen vir haar voortdurende aktivisme en liefdadigheid. Sy het oudpres. Nelson Mandela in haar toespraak uitgelig as ’n voorbeeld van iemand wat ’n verskil in die wêreld gemaak het.

“Ek weet een persoon kan ’n verskil maak,” het sy gesê. “Voel jy asof jy nie saak maak nie? Asof jou lewe niks beteken nie? Raak betrokke.

“Jy kan nie vir my sê een persoon kan nie ’n verskil maak nie: Martin Luther King jr., Rosa Parks, Nelson Mandela, Gloria Steinem, Anita Hill, Ruth Bader Ginsburg, Malala Yousafzai, Gretha Thunberg.”

Talle ander bekendes het pryse gewen, onder andere die mopshond en internet-ster Doug the Pug, wat die prys vir diere-ster van die jaar gewen het.

Volledige lys van wenners:

Robert Downey jr. het die prys vir rolprentster van die jaar gewen. Foto: Getty Images

Rolprente

Rolprent van die jaar: Avengers: Endgame

Komedie van die jaar: Murder Mystery

Aksierolprent van die jaar: Avengers: Endgame

Drama van die jaar: After

Familierolprent van die jaar: Aladdin

Rolprentster van die jaar (mans): Robert Downey jr. (Avengers: Endgame)

Rolprentster van die jaar (vroue): Zendaya (Spider-Man: Far From Home)

Rolprentster van die jaar (drama): Cole Sprouse (Five Feet Apart)

Rolprentster van die jaar (komedie): Noah Centineo (The Perfect Date)

Rolprentster van die jaar (aksie): Tom Holland (Spider-Man: Far From Home)

Rolprentster van die jaar (animasie): Beyoncé (The Lion King)

‘Stranger Things’ is aangewys as TV-reeks van die jaar. Noah Schnapp en Caleb McLaughin neem die prys in ontvangs. Foto: Getty Images

TV

Reeks van die jaar: Stranger Things

Drama van die jaar: Stranger Things

Komedie van die jaar: The Big Bang Theory

Werklikheidsreeks van die jaar: Keeping Up with the Kardashians

Kompetisie-reeks van die jaar: America’s Got Talent

TV-ster van die jaar (mans): Cole Sprouse (Riverdale)

TV-ster van die jaar (vroue): Millie Bobby Brown (Stranger Things)

TV-ster van die jaar (drama): Zendaya (Euphoria)

TV-ster van die jaar (komedie): Kristen Bell (The Good Place)

Kletsprogram van die jaar (dag): The Ellen DeGeneres Show

Kletsprogram van die jaar (nag): The Tonight Show Starring Jimmy Fallon

Deelnemer van die jaar in ’n kompetisiereeks: Hannah Brown (The Bachelorette)

Ster van die jaar in ’n werklikheidsreeks: Khloé Kardashian (Keeping Up With the Kardashians)

Vraatkyk-reeks van die jaar: Outlander

Wetenskapsfiksie- of fantasiereeks van die jaar: Shadowhunters

Musiek

Sanger van die jaar: Shawn Mendes

Sangeres van die jaar: Billie Eilish

Groep van die jaar: Blackpink

Liedjie van die jaar: “Senorita” deur Shawn Mendes en Camila Cabello

Album van die jaar: Lover deur Taylor Swift

Countrysanger van die jaar: Blake Shelton

Latyns-Amerikaanse sanger van die jaar: Becky G

Musiekvideo van die jaar: “Kill This Love” deur Blackpink

Konserttoer van die jaar: Blackpink 2019 World deur Blackpink

Doug the Pug het die prys as diere-ster van die jaar gewen. Foto: Getty Images

Popkultuur

Sosiale ster van die jaar: David Dobrik

Skoonheidspersoonlikheid van die jaar: Bretman Rock

Sosiale bekende van die jaar: Ellen DeGeneres

Diere-ster van die jaar: Doug the Pug

Komedievertoning van die jaar: Kevin Hart

Stylster van die jaar: Harry Styles

Innoveerder van die jaar: Simone Biles

Pop-potsending van die jaar: Scrubbing In with Becca Tilley and Tanya Rad

– Saamgestel deur Christiaan Boonzaier met die bykomende bron: https://pca.eonline.com/

Meer oor:  Pink  |  Celebs  |  Tv  |  Jennifer Aniston  |  Flieks  |  People's Choice Awards  |  Avengers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.